Elders gesien: COVID-19 kan met niks anders vergelyk word nie

  • 1

Foto: Canva.com

Douwleen Bredenhann skryf op Facebook:

Ek weet ek steek nou my nek ver uit, en boonop as ’n absolute leek mbt mediese velde. Maar, ek dink ek het redelike common sense en dit kan mens nogal ver vat as mens dit in werking stel.

Dis waar dat derduisende mense elke jaar aan griep, varkgriep, en ’n hele spul ander virusverwante siektes/toestande sterf. Maar, het ons voor die koms van COVID-19 gehoor dat daar naarstiglik derduisende nuwe hospitaalbeddens en -fasiliteite geskep moet word vir pasiënte wat na verwagting daaraan gaan sterf? Nee, want daardie pasiënte word siek en sterf oor ’n veel meer beheerbare tydperk (in terme van tyd). Hul sterftes neem ook nie so eksponensieel toe dat die moontlikheid van massagrafte noodwendig ’n oorweging begin word nie.

En dan is die mate van die aansteeklikheid van COVID-19 op ’n heel ander vlak as die aansteeklikheid van ander griepvirusse – en die implikasies wat dit inhou vir die familie en vriende van korona-pasiënte. Die mense word opgeneem en in totale afsondering behandel. Dié wat sterf se familie kon hul nie sien, besoek, afskeid neem óf begrawe nie. Jy lê dus daar met die aakligste siekte en simptome denkbaar, waarskynlik ontsettend bevrees en alleen. En DIT – hierdie tot die dood toe skeiding – is vir my ondenkbaar erg. En dit plaas COVID-19 in ’n klas van sy eie wat betref die siekte- en sterftefaktore.

En ek het nou nog niks eers genoem van die geweldige spanning en risiko waaraan die mediese personeel permanent blootgestel is terwyl hulle die pasiënte behandel en versorg nie.

Daarom, dínk vir ’n slag en hou op om te sê ouer mense en diegene met ander onderliggende siektetoestande sou in in elk geval vroeër of later daáraan gesterf het.

Die hele wêreld, ja, die HELE wêreld, baklei op die oomblik teen ’n virus wat niemand nog verstaan of heeltemal kan definieer nie. Besef dit, en miskien sal jy dan begin verstaan dat COVID-19 met niks anders vergelyk kan word wat ons tot dusver in ons leeftyd ervaar het nie.

  • 1

Kommentaar

  • Douwleen, ek stem so absoluut saam met wat jy sê. Ek sien myself as ’n hoë-risiko-geval, maar vir die dood is ek nie meer bang nie. Op die ouderdom van 77 het ek al lankal vrede gemaak, maar ek sou graag vir die tyd wat ek ouer word meer losser wou lewe. Op ’n verantwoordelik manier. Ek is vir niemand kwaad nie, maar ek weet ek moet gehoor saam wees. As ek nou siek word en sou sterf sou dit in eensame afsondering wees. Beslis nie uit persoonlike keuse nie, maar ter wille van almal wat rondom my woon, sal ek gehoorsaam wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top