Douwleen Bredenhann

Douwleen Bredenhann se geboortewortels lê in Windhoek, Namibië. Sy vestig later saam met haar gesin ook diep wortels in Kimberley in die Noord-Kaap.

Na skool studeer sy vir ’n jaar Kuns in Pretoria en daarna Politieke Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy is getroud met Steph, ’n siviele ingenieur.

In 1988 val hul lewens uitmekaar weens die moord op hul oudste dogtertjie, die agtjarige Liesl. Daarna word Douwleen se bestaan een lang oorlewingsoefening, aangedryf deur die soeke na sin in iets so onsinnig.

Van hierdie stryd vertel sy in ’n Hemelhoë Hekkie, haar debuut wat in 2010 by Tafelberg Uitgewers verskyn. Dit word ook in Engels vertaal.

Verder skryf sy graag limerieke en kortverhale, skilder en speel klavier.

Sy woon tans in die Wes-Kaap. 
 

Opgedateer/Updated: 2009-11-10
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Elders gesien: COVID-19 kan met niks anders vergelyk word nie

Douwleen Bredenhann Elders gesien 2020-07-03

"Die hele wêreld, ja, die HELE wêreld, baklei op die oomblik teen ’n virus wat niemand nog verstaan of heeltemal kan definieer nie. Besef dit, en miskien sal jy dan begin verstaan dat COVID-19 met niks anders vergelyk kan word wat ons tot dusver in ons leeftyd ervaar het nie."

Boekresensie: Bloedvreemd deur Juliana Coetzer

Douwleen Bredenhann Resensies 2015-08-17

"Soms kom ’n mens ’n boek teë wat jou feitlik onmiddellik laat vermoed dat dit een van die uitstaan-leeservarings gaan wees tussen die versameling van alles wat jy al in jou lewe onder oë gehad het. Bloedvreemd is só ’n boek."

SALA Bloemfontein!

Douwleen Bredenhann 2012-11-28 Op ’n koel lentemiddag in die eerste week van Oktober 2012 ontvang ek ’n betekenisvolle e-pos. My debuutboek, ’n Hemelhoë hekkie, is vir ’n Suid-Afrikaanse literêre toekenning (SALA) benoem en ek en ’n metgesel word uitgenooi na die toekenningsaand op 10 November in Bloemfontein.

Moody Blues: Met ’n titsel viagra aan die pols weer 19 jaar oud

Douwleen Bredenhann 2012-06-06

"Op pad na die Moody Blues-konsert by die Grand West-arena in Kaapstad konfronteer ’n reuse-vuurbal ons oë net voor sonsak op die snelweg. ’n Werklik asembenemende skouspel met verskeie rooi strale wat oorkruis deur die blink sirkel klief."

Boekedag 2012: Douwleen Bredenhann kies 'n karakter

Douwleen Bredenhann 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Jy bly my kind: Van verplettering tot kampvegting

Douwleen Bredenhann 2012-02-15 Hierdie outobiografiese vertelling deur Lidia Theron oor die pad wat sy geloop het om haar gay dogter te aanvaar, is reeds in 2005 deur hemel & see boeke uitgegee en is dus geen nuwe publikasie nie.
Top