Elders gesien: "Kennis is ’n skat"

  • 0

Carina Stander skryf op Facebook:

“Kennis is soos ’n tas wat ek altyd met my saamdra, ’n skat,” het die wyse en wakker 96-jarige Giuseppe Paternò die week gesê toe hy sy graad in Geskiedenis en Filosofie (top honours!) aan die Universiteit van Palermo in Italië ontvang.

Foto: YouTube.com

Giuseppe het al vele ontberinge oorleef – hy was ’n armsalige kind tydens die Groot Depressie, in die Vloot tydens die Wêreldoorlog en daarna het hy sy land uit wrakstukke help herbou terwyl hy twee kinders grootmaak. Eers op 31 kon hy die kans kry om skool klaar te maak en nou, op byna ’n eeu oud, is hy die oudste gegradueerde in sy land!

Die berig lees: “He eschewed Google in favour of printed books and was not tempted by the late-night student parties of his 20-year-old classmates, who applauded him warmly at the graduation ceremony.”

Met die koronavirus moes hy aanpas en die lesings aanlyn bywoon om so sy graad te voltooi. Giuseppe het nog toekomsdrome, hy wil homself toewy aan skryfwerk en leeswerk in sy vakgebied. Splendido!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top