Carina Stander

Carina Stander (gebore in 1976) was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná ʼn honneursgraad in beeldende kuns aan die Universiteit van Pretoria, werk sy ʼn paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland.  Sedert 2006 is Carina ʼn vryskut reisjoernalis en rubriekskrywer vir ʼn tiental nasionale tydskrifte en koerante. Ná ʼn meestersgraad (met lof) in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem. ʼn Handvol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CDs Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Saam met die tjellis, die Ha!man (Francois le Roux) bring sy ʼn versmusiek-CD uit waarop sy haar gedigte voorlees.

Haar debuutroman, Wildvreemd (Tafelberg, 2011) is in Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens en verskyn in 2013 by Uitgeverij Athenaeum. Wildvreemd was die voorgeskrewe roman vir graad 12 Afrikaanse privaatskole (IEB) vir 2014 tot 2016. Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun, Aden van Niekerk, se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wolkland (2013), ʼn kinderboek deur ʼn kleuter. Carina se roman, Die Bergengel, verskyn in 2017 by Protea Boekhuis en word soos haar vorige boeke bekendgestel met ʼn solo-kunsuitstalling waarin sy karakters en tonele uit die verhaal visueel uitbeeld. Die Bergengel is gekies vir Exclusive Books se Homebru-lys en die hele boek is in 2018 op RSG voorgelees. Die tweede boek in die trilogie, Die Wonderwese, sal teen Oktober 2019 die lig sien.  Carina woon sedert 2008 saam met haar man en twee seuns in die Tsitsikamma. www.carinastander.com.

 

Opgedateer/Updated: 2019-04-09

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Elders gesien: Theuns Jordaan en vanjaar se verliese

Carina Stander Elders gesien 2021-11-17

"Wat ’n stem. Wat ’n stilte waarmee ons wat agterbly, moet saamleef."

Spoor

Carina Stander Poësie 2020-10-20

LitNet is 21 jaar oud. Gedagtig aan dié mylpaal het die webjoernaal, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, digters genader om verse vir ons te skryf. Lees Carina Stander se gedig hier.

Elders gesien: "Kennis is ’n skat"

Carina Stander Elders gesien 2020-08-03

"'Kennis is soos ’n tas wat ek altyd met my saamdra, ’n skat,' het die wyse en wakker 96-jarige Giuseppe Paternò die week gesê toe hy sy graad in Geskiedenis en Filosofie (top honours!) aan die Universiteit van Palermo in Italië ontvang."

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever

Willie Burger, Zirk van den Berg, Carina Stander, Alettie van den Heever Boeke en skrywers 2020-07-21

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.

Kwarantynketting: "Together alone in ons eie PRIVATE UNIVERSE" deur Carina Stander

Carina Stander Kwarantynketting 2020-04-17

"Wie van julle onthou 'Private universe' van die groep Crowded House op die album Together alone? In die 1990’s het ons dit op repeat geluister en toe ek dit gisteraand na al die jare weer opspoor, dog ek dis ’n mooi temaliedjie vir hierdie grendeltyd. Genadiglik leef nie almal in ’n Crowded House nie, maar ons is almal Together Alone."

Skrywersonderhoud: Carina Stander oor Die Wonderwese

Remona Voges, Carina Stander Skrywersonderhoude 2020-01-07

“'Ek glo omtrent soveel in wonderwerke as wat ek in vuurwerke glo: Mens hoef nie te verstaan hoe plofstof werk om die lig en krag daarvan te herken nie.' So word daar gepraat in Die Bergengel."

Die Bergengel: 'n Onderhoud met Carina Stander

Carina Stander, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-07-10

"Magiese realisme veronderstel 'n realistiese uitbeelding van die werklike wêreld met 'n onverwagse verskyning van die magiese of bonatuurlike. Dit is daardie buitengewone oomblik in 'n doodgewone toneel wanneer die alledaagse heilig word en die heilige alledaags."

Herinneringe aan Henning Snyman, my professor

Carina Stander In memoriam 2017-04-03

"Jare nadat hy my dosent was, was hy steeds my mentor. Om eerlik te wees, ek het die laaste 13 jaar nie ’n enkele gedig op papier of selfs op die internet gepubliseer voordat ek dit eers vir sy mening gestuur het nie."

laat woorde die laaste sê hê

Carina Stander Poësie 2016-08-08

"sal 'n gespook wees as die taal nóú saliger raak ..."

Interview: A personal Disney fairytale

Carina Stander, Naomi Meyer Lifestyle and entertainment 2016-01-22

"Once upon a time ..."

Carina Stander oor kuns, verse en 'n Facebook-vendusie

Naomi Meyer, Carina Stander Skrywersonderhoude 2015-04-01

"In die Bosveld waar ek grootgeword het, het my pa, Sarel, op Vrydae sy verskalwers vendusie toe gevat. En soos dit 'n behoorlike  boeremeisie betaam, jaag ek ook voortaan my verse na die Facebook-kraal. Of  eerder: 'n inkskets van 'n vers."

US Woordfees 2014: Wolkland-bekendstelling

Naomi Meyer, Carina Stander 2014-03-08 Elkeen kry 'n pizza, draakeiers word geverf en 'n skattejag vind plaas. Die kinders is in die wolke by die Aden van Niekerk se Wolkland.

Agtergrond van die boek Wolkland deur Aden van Niekerk

Carina Stander 2013-11-20 In 2012 het Cordis Trust die Orde van die Goue Pen aan Carina Stander en nege ander wat met die letterkunde doenig is, toegeken. Dié prys behels onder meer ’n publikasieopsie en Carina Stander het voorgestel dat sy die opskrywer van Aden van Niekerk, haar sesjarige seun, se stories sal wees. Wolkland, die resultaat, verskyn binnekort.

Uit die argief: Gedigte deur Carina Stander

Carina Stander 2012-09-11 Carina Stander publiseer al sedert 2008 op LitNet.  Lees haar verse almal hier.

Boekedag 2012: Carina Stander kies ’n karakter

Carina Stander Boeke en skrywers 2012-04-19

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom? 

Top