US Woordfees 2014: Wolkland-bekendstelling

  • 0

Aden van Niekerk se boek Wolkland is op 7 Maart 2014 by die US Woordfees bekendgestel.

Dit was geen 'n formele boekbekendstelling nie, allermins! Carina het net vir vyf minute lank oor die boek gesels en toe is dit partytjietyd met pizza en koek. Al die kinders het geblinddoek saamgespeel aan druk-die-piesang-in-die-apie-se-mond en toe was almal wenners van 'n houertjie Crazy Clay. Ade het gewys hoe hy die kleibeeldjies in Wolkland gemaak het, die kinders is geleer hoe om klei onder mekaar uit te ruil om sodoende nuwe kleure te kan meng en bont beeldjies te maak. En toe was daar 'n skattejag vir wit sjokolade-eiers wat die kinders met voedselskleursel geverf het om dit soos draakeiers te laat lyk.

Aden van Niekerk

Aden van Niekerk en Carina Stander

Gerrit, Ilan en Aden van Niekerk

Ilan van Niekerk

Carina Stander demonstreer hoe sommige van die kinders draakeiers kan verf.

'n Draakeier

Johannes Meyer en Louw Mans

Foto's hieronder voorsien deur Carina Stander

 

Lees 'n onderhoud met Aden van Niekerk.

Lees nog inligting oor die ontstaan van Wolkland hier.

Vir bestellings:

Titel: Wolkland
Skrywer: Aden van Niekerk (soos vertel aan sy ma, Carina Stander)
Grootte: A4
Aantal bladsye: 32
Volkleur.
Gelamineerde omslag.
Prys: R100 (plus R10 vir gewone pos of R25 vir geregistreerde pos - lesers kan self 'n opsie kies.) 
Bestellings: carinastander@gmail.com


Sign up for LitNet’s free weekly newsletter. | Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top