In 2012 het Cordis Trust die Orde van die Goue Pen aan Carina Stander en nege ander wat met die letterkunde doenig is, toegeken. Dié prys behels onder meer ’n publikasieopsie en Carina Stander het voorgestel dat sy die opskrywer van Aden van Niekerk, haar sesjarige seun, se stories sal wees. Wolkland, die resultaat, verskyn binnekort. Hier is nog agtergrond oor die boek:


