Carina Stander

Carina Stander (gebore in 1976) was plaaskind in die Waterberge van Limpopo. Ná ʼn honneursgraad in beeldende kuns aan die Universiteit van Pretoria, werk sy ʼn paar jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland.  Sedert 2006 is Carina ʼn vryskut reisjoernalis en rubriekskrywer vir ʼn tiental nasionale tydskrifte en koerante. Ná ʼn meestersgraad (met lof) in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, verskyn haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, (Tafelberg 2006). Agt van dié gedigte is in Groot Verseboek opgeneem. ʼn Handvol gedigte uit haar tweede bundel, woud van nege en negentig vlerke (Tafelberg, 2009) is getoonset deur die Nederlandse musiekgroep, Souldada vir hul CDs Oer de grins en Watervolk, asook deur Herman van den Berg vir sy CD, Onthou. Saam met die tjellis, die Ha!man (Francois le Roux) bring sy ʼn versmusiek-CD uit waarop sy haar gedigte voorlees.

Haar debuutroman, Wildvreemd (Tafelberg, 2011) is in Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens en verskyn in 2013 by Uitgeverij Athenaeum. Wildvreemd was die voorgeskrewe roman vir graad 12 Afrikaanse privaatskole (IEB) vir 2014 tot 2016. Van Cordis Trust ontvang Carina die Orde van die Goue Pen en sy gebruik dié publikasieprys om haar seun, Aden van Niekerk, se eie vertellings en sy kinderkuns byeen te bring in Wolkland (2013), ʼn kinderboek deur ʼn kleuter. Carina se roman, Die Bergengel, verskyn in 2017 by Protea Boekhuis en word soos haar vorige boeke bekendgestel met ʼn solo-kunsuitstalling waarin sy karakters en tonele uit die verhaal visueel uitbeeld. Die Bergengel is gekies vir Exclusive Books se Homebru-lys en die hele boek is in 2018 op RSG voorgelees. Die tweede boek in die trilogie, Die Wonderwese, sal teen Oktober 2019 die lig sien.  Carina woon sedert 2008 saam met haar man en twee seuns in die Tsitsikamma. www.carinastander.com.

 

Opgedateer/Updated: 2019-04-09

Bio-inligting verouderd? Stuur ’n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Carina Stander en Wildvreemd: Albei deur die meule

Carina Stander, Bibi Slippers 2011-12-06 Hallo Carina, en baie geluk met die verskyning van jou eerstelingroman, Wildvreemd. Kom ons begin by die begin: jy vertel in ’n onderhoud in Rapport dat die eerste sin van jou roman hom reeds tydens jou universiteitsdae by jou aangemeld het, sommer terwyl  ...

Carina Stander se raad aan voornemende digters

Carina Stander 2011-06-07  As jy net lank genoeg kan lewe om een gedig te skryf, waaroor sal dit gaan? Skryf vandag nog daardie gedig. .

Watervolk

Carina Stander 2011-03-29

Lima

Carina Stander 2011-02-24 Lima Peru probeer om te vergeet waarsku die stad om lig te loop want ek wil die kind op die sypaadjie nie sien nie gesig versluier agter vuillug garúa probeer om te vergeet die koue kind ruik Mercado del Indios se alpakkatruie en musse ...

ons word vanmôre weer wakker

Carina Stander 2010-06-25

varsgeborene

Carina Stander 2009-09-04

nóg vis, nóg vlees

Carina Stander 2009-07-02 binne-in die bangbossteek twyfel deur die vel ek wonder of jy werklik iskan jy die waterpad voorspelglip jy met die tapir deur 'n skemer poelsloes soos die otter wriemel en wóél 'n tamaai kapibara onder koel waterslaaiswaai jy ...

Amatola in die week van verkiesing

Carina Stander 2009-04-16

palm-pas

Carina Stander 2009-02-11 saans dra ek my man se glimlag soos 'n sekelmaan in my die dag word ryp tot 'n ingeslape groen katel die inmekaarpas in die binneplaas is 'n skaamtelose psalm die musiek loop uit in kleur en klank: hoe heimlik primitief is ons hartklop in die nanag vanaand prewel ons die drie honderd seëninge in […]

Vlam onder die water

Carina Stander 2008-12-17

kan keer

Carina Stander 2008-08-28 George Weideman, Namakwaland   vuur dwing die skilpad om kop uit te steek sê hy wat drink uit die grond se hand met rypheid van September kom wysheid van ’n wond as springbok deur pienk seë van vygies by Goegap galop van skilpadvleis eet word mens gou ’n berg terg hy wat vroeër of later […]

Verstrooitjie

Carina Stander 2008-03-03

sondoop

Carina Stander 2007-07-23
Top