binne-in die bangbos
steek twyfel deur die vel
ek wonder of jy werklik is
kan jy die waterpad voorspel
glip jy met die tapir
deur 'n skemer poel
sloes soos die otter
wriemel en wóél
'n tamaai kapibara
onder koel waterslaai
swaai jy regtig aan die stingels
van my binnelyf
nóg vis nóg vlees
met bene en gewrigte
gesig en bloed en gees
jy antwoord nie klein kind
jy bot stil jy bot sag
niemand waag 'n woord
as asem in 'n asem lag
Uit: woud van nege en negentig vlerke wat Augustus vanjaar by Tafelberg verskyn.