palm-pas

  • 0

saans dra ek my man se glimlag
soos 'n sekelmaan in my

die dag word ryp tot 'n ingeslape groen katel
die inmekaarpas in die binneplaas
is 'n skaamtelose psalm
die musiek loop uit
in kleur en klank:

hoe heimlik primitief
is ons hartklop
in die nanag

vanaand prewel ons
die drie honderd seëninge in ons slaap
en benoem mekaar langsamerhand: 
jou lokke jou wimpers jou werwels
jou spiere vol afwagting en ingehoue spanning
jou oë wat met my tone speel oor my kuit my ken

ons besing mekaar vanuit verhemeltes
asof ons onder die sterre tuishoort
op die rand van die aarde
van vergetelheid tot stadig bloeiende tyd
en ook die Ewigheid

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top