Carina Stander skryf elders op Facebook:
En daar stap nog ’n groot gees oor die grens van plek en tyd. My pa en ma, die Sotho-mama wat 36 jaar vir my ouers gewerk het, my drie tannies, twee neefs, twee vroue in my straat, my vriendin in Plett, my kind se Xhosajuffrou en nou ook Theuns Jordaan - soveel het in 2021 ter siele gegaan. Hemel, kan almal asseblieftog net vir ’n rukkie ophou doodgaan vanjaar...? Hier onder die eerste song (geskryf deur Gert Vlok Nel) van Theuns wat ek gehoor het, dekades gelede, en wat ek op repeat geluister het in die tyd toe ons oorsee gewoon het. Wat ’n stem. Wat ’n stilte waarmee ons wat agterbly, moet saamleef.
Kommentaar
Liewe Carina, dankie dat jy "sê" wat ons almal voel: Nèèèe, nie nog 'n verlies van 'n hartsmens nie ...
Jou sus: hulle het in een van my ekstra huisies tuisgegaan by die Oog toe jou ma en pa hospitaal toe is. Jou ouers was ontsettend geliefd hier...
Ons het ook baie verliese deurloop - ek deel jou woorde: "Kan almal asseblieftog net vir 'n rukkie ophou doodgaan vanjaar?"
Dankie dat jy sò prontuit verwoord wat ons almal voel. Vriendelike Ooggroete, Lana Meyer.
Baie dankie, Lana, vir jou vriendelike woorde.
Pragtig verwoord wat tans in amper almal se binnestes woel, Carina ...
My jongste seun, my jongste kleinseun van 1 jaar en 3 weke. En my pa.
Ai Carina, ongelukkig kan geen mens 'n ander persoon se smart dra of hartseer oorneem nie. Ek het in die jare tussen 1992 en 2002 dieselfde vraag gehad. Wanneer gaan dit dan eendag ophou? Net my ma en sus is aan "naruurlike oorsake" oorlede. Die res almal gewelddadig op plase vermoor. Ek is gelukkig bevry en het vergewe.