Elders gesien

Met die nodige toestemming van die skrywers, verskyn hier sosiale media-inskrywings wat die LitNet-redaksie se aandag getrek het.

Elders gesien: Woorde is onnodig

Jo Els Elders gesien 2020-05-19

"Hierdie foto het seker nie woorde nodig nie. In ons Oos-Kaapse dorp is daar buite politieke verband, met geen stoornis nie, ’n projek aan die gang om die meer armes onder armes van warm etes en bystand te voorsien." 

Elders gesien: Wag voor jou mond

Wilna Adriaanse Elders gesien 2020-05-14

"Ons almal beleef op die oomblik dae wat jy alles om jou wil platvee en met jou tong ’n brandpad skroei. Dis jou goeie reg. Maar maak tog maar die wag by jou mond wakker, want jy weet nie wie almal jy dalk gaan skroei as jy die vlamme loslaat nie. My ervaring is dat dit dikwels jyself ook is."

Elders gesien: Waar is Cyril?

Nini Bennett-Moll Elders gesien 2020-05-13

"Komaan, Cyril, wys jou gesig, bring die gebooie en vertel ons wat in fase drie en met die ekonomie gebeur."

Elders gesien: Onder haar ma-wees "kombersie"

Annemarie Smith Elders gesien 2020-05-11

"Ons was die volle uur van besoektyd by haar en ek het geweet toe ek daar uitstap, was dit die laaste keer wat ek haar ooit gesien het. Die heel laaste keer in my lewe. Ek het by die huis gekom en op my bed in my kamer gaan lê. Ek was bang. Ek het geweet dat ons vier kinders heeltemal uitmekaar gaan spat. My bietjie sekuriteit, my ma, my broers en my kat – alles hang aan ’n draadjie."

Elders gesien: "Aan Eldaleen en Vrouekeur: Vat ’n buiging."

Frederik de Jager Elders gesien 2020-05-07

"Ek treur oor Vrouekeur soos oor ’n mens wat langbome toe is. Ek was so trots op die tydskrif, so trots daarop om vir hulle te kon skryf. Kyk net na die foto, ’n gideonsbendetjie mense wat weekliks ’n tydskrif uitbring. En hulle het glad soos ’n getunede enjin geloop. En ’n tydskrif van sulke gehalte."

Seen elsewhere: "A parent’s first task is keeping one’s child alive"

Lindie Koorts Elders gesien 2020-05-04

"It is that terrible fear you feel on that first night when you return from the hospital with your newborn: how do I keep this little thing alive? And sending them to school in the midst of a global pandemic, when infection rates are rising, and predictions are being made of tens of thousands of deaths by October, screams against one’s parental instincts."

Elders gesien: Prakties se gat

Leoni Smit Elders gesien 2020-05-04

"Maar hierdie storie gaan eintlik oor my arme kinders en die pryse wat hulle lewenslank moes betaal vir my haat jeens dinge met praktiese labels." 

Seen elsewhere: Influenza 1918

Fred Khumalo Elders gesien 2020-05-04

"The great South African composer RT Caluza wrote the song about the 1918 epidemic that killed hundreds of thousands of South Africans, the influenza. Imfuluyenza. Listen to the song, very evocative..."

Seen elsewhere: The kindness of Cradock’s foreign traders

Chris Marais Elders gesien 2020-05-04

"There are around 200 shops, tiny to large, that are owned by foreign nationals in Cradock. Moved by the plight of hungry people around them because of the Coronavirus pandemic, they decided to collect money and use their buying power to purchase goods for food parcels."

Elders gesien: Oor die staat en magsbeheptheid

Willem Mulder Elders gesien 2020-04-30

"Nooit weer kan ons toelaat dat een deel van ons staat ons rond laat val soos een wat dronk is van magsbeheptheid nie."

Elders gesien: "Ten minste is daar niks meer oor om te vat nie"

Lia Nadia Van Zyl Elders gesien 2020-04-30

"My vrymoedigheid om my kinders vrylik buite te laat speel is weg. My bereidwilligheid om ander met minder as ek te help is weg. My gevoel van veiligheid in my huis is weg."

Elders gesien: Meertalige inligtingsessies oor die pandemie

Danie van Wyk Elders gesien 2020-04-28

"Die probleem wat egter geïdentifiseer was deur verskeie mense, en spesifiek deur ’n algemene praktisyn wat twee spreekkamers in Khayelitsha en Mitchell’s Plain het, is dat die meeste mense wat haar besoek, nie die boodskappe vanaf regeringskant verstaan nie. Dit word slegs in Engels gedoen en nie almal het toegang tot radio en tv nie."

Elders gesien: Bybelstudie 101 met inagneming van die werklikhede

Jean Oosthuizen Elders gesien 2020-04-28

"So bietjie Bybelstudie 101 is nie ’n slegte idee nie. Doen dit net met inagneming van die werklikhede om jou byvoorbeeld: Het God toe al die pous geantwoord toe hy hom nou die dag gevra het om die koronavirus te stop?"

Seen elsewhere: "I absolutely love being a South African"

Jonathan Amid Elders gesien 2020-04-24

"All jokes and memes aside, the mask struggles of our president did more for morale and the statesman's public image than any extended PR campaign could."

Elders gesien: "Wie wil jy in beheer hê in so ’n krisissituasie?"

Theo Du Preez Elders gesien 2020-04-22

"Sosiale media ontplof oor die President se toespraak gisteraand. Ek het dit twee keer gekyk en ek kan nie sien wat die mense so ontstel nie."

Elders gesien: "Hou op kla!"

Bettina Wyngaard Elders gesien 2020-04-21

"Hier's ’n voorstel: ipv moan oor jou warm Woollies hoender, gebruik daai R80 of wat ookal, koop 6 brode en polony en gee dit vir iemand wat nie kos het nie."

Elders gesien: Gebruikersvriendelike lesse op WhatsApp

Susan Smith Elders gesien 2020-04-17

"Die afgelope tyd het ek, seker soos talle onderwysers en dosente, verskillende maniere beproef om aanlyn met my studente te werk."

"SA has delayed the viral onslaught, but we cannot avoid it" – Karim

Ray Hartle Elders gesien 2020-04-15

"The chair of the technical advisory group to government on COVID-19, Salim Abdool Karim, says the interventions introduced by the SA government have slowed the viral spread and the country has gained some time. But that is all. The virus will still hit us."

Elders gesien: Grendeldag 8

Jean Oosthuizen Elders gesien 2020-04-06

"Ek weet nie hoe om vandag te beskryf nie. Dit het eerie gevoel. Weird. Soort van somber. Surrealisties en asof ek myself in ’n apokaliptiese rolprent bevind. Die winkelsentrum het ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan sedert my laaste besoek."

Seen on Facebook: COVID-19, the threat in socio-economic terms

Frans Rautenbach Elders gesien 2020-04-01

"Every life that we notionally save by means of our draconian clamp-down comes at the expense of multiple others lost through poverty. As it is, we have very little fat built into our economy. There is only one way to cure that disease, and that is to enable our entire working-age population to become productive as soon as possible."

Top