Elders gesien: Korona-bewusmakingsveldtog

  • 1

Hennie van Deventer skryf op Facebook:

Toneeltjies soos die een in Caledon wat Heindrich Wyngaardt vanoggend in Die Burger beskryf lê aan die kern van SA se enorme korona-uitdaging: “Hier loop ons sonder maskers op straat, ongeërg oor sosiale distansiëring, kinders speel uitgelate buite die erf, die musiek doef-doef tot in die vroeë oggendure – en aan en aan. Watse korona? Ja, watse korona. Dit gebeur mos elders.”

Dalk moet die regering liewer die geld wat hy op sy vervelige, verbeeldinglose en nuttelose SMS-kampanje mors, steek in ’n professionele bewusmakingsveldtog met reuse foto’s soos hierdie oral in sekere “brandpunte”. Foto is van ’n priester wat ’n ry slagoffers in hul kiste seën in sy kerk in Seriate, Italië.

  • 1

Kommentaar

  • Hiermee stem ek heelhartig saam. Ek kan nog verstaan dat 'n oningeligte ongeletterde deel van die samelewi nog nie alles oor die virus lees en verstaan nie, maar dié is duidelik vir almal!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top