Elders gesien: Goeiedag, nuwe QR-wêreld
2025-12-19"Die boek se naam is Konstruktiewe joernalistiek vir vandag. Dis die eerste Afrikaanse handboek vir joernalistiek in 43 jaar."
Elders gesien: Herinneringe aan wyle Niël Barnard
2025-01-13"Niël Barnard, hoof van nasionale intelligensie in die kritieke dekade 80, was nie lief vir die pers nie. Lees maar sy boek!"
Koerante: sewe heildronke … en ’n huildronk
2024-12-19"Laat ons die lewe van papierkoerante vier met ’n terugblik wat op hul roemrykste prestasies konsentreer. Glorie-oomblikke was daar in beter dae, en voorspoediger tye immers talryk."
Hoekom my hart so bloei oor die koerante
2024-12-04"Oor hoe diep dit my persoonlik raak – en hoekom so – het ek tog maar nog ’n vir-oulaas-woord op die hart."
Elders gesien: Slaapgas in ’n stasiewa
2024-10-27"Hy was ook ’n betroubare babawagter … in ruil vir Tokkie se lekker Boerekos. Johan was toe vyf en Marisa, wat Hans juis na aanleiding van die Halloween-gedoente Pampoenspokie gedoop het, ’n energieke drie."
Elders gesien: Selfs Frits Gaum sou saam kon juig
2024-10-14"Toe verloor die President sy skoen. Frits het geen oomblik geweifel nie, op sy knie gesak en die skoen aangetrek."
Elders gesien: Naamloos onder die naamloses, en nou ook sonder adres
2024-09-27"Die treurige nuus oor die huis herinner aan ander vreemdhede rondom Louw se dood waarvan die ergste sekerlik is die verloop van sake met sy as."
Projek T en die verowering van die Noorde
2024-07-29"Projek T is gebore – ’n inisiatief so in geheim gehul dat geen lid van die direksie snuf in die neus had nie. Die T het gestaan vir Transvaal."
Die boek wat nooit verskyn het nie
2024-06-29"Die Burger en Die Volksblad het albei ’n lang geskiedenis as amptelike mondstukke en bondgenote van die Nasionale Party. Die Beeld, Rapport en Beeld se bande was losser, maar was tog in mindere of meerdere mate in dieselfde dampkring."
Elders gesien: Verander jou status met die toekenning van ’n eredoktorsgraad?
2024-05-03"Om die toekenning van ’n eregraad die toets te maak vir ’n mens se beskeidenheid, of gebrek daaraan, lyk vir my onbillik."
Waagmoedige antwoorde: ’n lesersindruk van Ter wille van oorlewing, ideologie en geld deur Johannes D Froneman
2023-06-07"Ideologiese vraagstukke waaroor debatte veral op sosiale media van tyd tot tyd opvlam, lê aan die hart van die boek: die soeke na vrede deur geregtigheid en die rol wat redakteurs en joernaliste tydens politieke woelinge in die vorige eeu, veral in die jare negentigs voor en tydens die 1994-verkiesing, gespeel het."
Elders gesien: Amper vergete skryfkampioen
2023-05-22"Eleanor Fraser, ’n nooi van McGregor, by Robertson, het haar hoofsaaklik toegespits op liefdesverhale, soms gemeng met ’n goeie skeut spanning, aksie en intrige. Daarmee wou sy jong Afrikaanse meisies aan die lees kry. Sy was bekommerd dat hulle ná die Depressie as ’n generasie nielesers grootword."
Elders gesien: Stalmaat en boekeman, George Louw
2023-05-08"Die bome tuimel nou vinnig in die bos van kollegas in die 80-plus-kategorie. Die jongste is George Louw, ’n uitgewer, digter, dramaturg en joernalis van formaat, wat in die Milnerton Mediclinic aan ’n hartaanval oorlede is."
Ek groet en dis vir laas
2023-02-15"Soos ’n mens ouer word, word onder al hoe meer aktiwiteite ’n streep getrek. Óf jy trek dit self óf dit word vir jou getrek. So is dit nou een maal."
Soos op Boksburg: Trein van onheil saai verwoesting
2022-12-30"Die gasverwoesting op Boksburg herinner aan die geweldige ontploffing van ’n dinamiettrein van altesaam 42 trokke, 90 jaar gelede op 17 Julie 1932, op die plaas Louwpan net buite Leeudoringstad (Leeudoornstad) in die ou Wes-Transvaal."

