Hennie van Deventer

Jakob Hendrik (Hennie) van Deventer (80) was sy lewe lank koerantmens. Hy was met sy uittrede in 1998 uitvoerende hoof: Koerante van Naspers. Van 1980 tot 1992 was hy redakteur van Die Volksblad (nou Volksblad) in Bloemfontein. Naspers het in 1997 sy hoogste eerbewys, die Phil Weber-medalje, aan hom toegeken vir “die nalatenskap wat hy in elke fase van sy loopbaan van 35 jaar gelos het”.

Ander eerbewyse: Van die Hoër Volkskool, Potchefstroom, by die skool se 75ste verjaardag die erepenning vir ’n oud-Volkie wat op nasionale en/of internasionale vlak presteer het (1997). Van die Universiteit van Pretoria: Laureatus-kleure ter erkenning van buitengewone prestasie (1988). Van die Bloemfonteinse stadsraad: ’n oorkonde as stigter van Die Volksblad se Kunsmark (1981). Van die Bloemfonteinse Publisiteitsvereniging: ’n medalje vir gemeenskapsbetrokkenheid (1989). Van die Universiteit van die Vrystaat: ’n Eeufeesmedalje vir sy rol as raadslid en redakteur van Die Volksblad (2004).

Direksies en rade: Hy het gedien in die direksies van Nasionale Media Bpk (die eerste dienende redakteur van Die Volksblad in die direksie), Rapport-Uitgewers Bpk, Worcester Standard Electric Press Ltd, die Suid-Afrikaanse Persvereniging (Sapa) en die Drukmedia-Assosiasie van Suid-Afrika. Hy was lid van die uitvoerende rade van die Wêreldvereniging van Koerante (WAN), die Afrikaner-Broederbond, die UOVS, die Technikon OVS en die Bond van Oudstudente van UP.

Voorsitterskappe: Hy was voorsitter van onder meer die Nuusblad-Assosiasie van Suid-Afrika (voorheen NPU), die SA Vereniging van Nieman Fellows, die Vrystaatse tak van die Bond van Oud-Studente van UP, die Bloemfonteinse Junior Rapportryerskorps en die direksie van Worcester Standard Electric Press Ltd.

Genootskappe: In 1976/77 verwerf hy die gesogte Nieman Fellowship vir joernaliste vir ’n jaar se studie aan die Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts, VSA. Deur Drukmedia SA word hy in 1998 as een van die eerste lewenslange Genote ("Fellows") aangewys.

Boeke: Hy is die skrywer van 22 boeke, onder meer Scoops en skandes (Tafelberg, 1993), Flaters en kraters (Tafelberg, 1996), Oos, wes – Reismoles (Human & Rousseau, 1998), Kroniek van ’n koerantman (Tarlehoet, 1998), ’n Vriend vir altyd (Human & Rousseau, 2000), In kamera (Protea Boekhuis, 2003), Byl in my bos (Griffel, 2010), Praat-praat in Tamatiestraat (Griffel, 2010), Bure van nature (Protea, 2021) en Koerantkamerade (Naledi, 2021).

Organisasies: Hy is lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikanerbond, die FAK, die Erfenisstigting, die Vriende van die Voortrekkermonument en die Probusklub van Bloubergstrand, waarvan hy twee termyne president was.

Koerantloopbaan: Hy was onder meer parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur en nuusredakteur van Die Volksblad, asook die eerste nuusredakteur en die adjunkredakteur van Beeld. In 1980, op ouderdom 39, is hy aangestel as redakteur van Die Volksblad.

Hennie het as redakteur internasionale konferensies oor die perswese en oor die politiek bygewoon in die VSA, Europa, Brittanje en Australië, ook as referent. Artikels uit sy pen het onder meer in die boek Joernalistiek vandag en die vaktydskrifte Nieman Reports (VSA) en Ecquid Novi (SA) verskyn. Hy was ’n beoordelaar in die Frewin-kompetisie vir koerante. Hy was ’n stigterslid van die Afrikaanse Studente-Persunie en die skolekoerantkompetisie van die Junior Rapportryers.

Borgskappe: Hennie is die alleenborg van die woord koerant by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Hy is ook ’n borg van die woord joernalis.

Voor 1962: Hy is op 3 Januarie 1941 op Dundee gebore. Hy slaag matriek in die eerste klas (met onderskeidings in Afrikaans en Engels) in 1957, en behaal die graad BA in 1960. Hy slaag al die vakke in die eerste jaar van die graad LLB in 1962. Hy was as student redakteur van die studentekoerant Die Perdeby, en primarius van Kollege-tehuis. Dux-erekleure van UP is in 1961 aan hom toegeken.

Gesin: Hennie is getroud met Tokkie van Deventer van Bultfontein; goue bruilof was op 31 Desember 2016. Kinders is Johan en Marisa. Vier kleinkinders: Jacob en Thomas en Christopher Claassens en Migael van Deventer.

Onderhoud: Hennie van Deventer vertel van die geboorte van die Pendoring

Hennie van Deventer, Naomi Meyer Onderhoude 2016-10-19

"Koerante is in die jare ’80 soos nooit tevore nie in ‘n oorlewingstryd gedompel ... Die Afrikaanse koerant kon inderdaad al hoe dreigender stormwolke vir sy broodnodige advertensies sien aanrol. Iets sou gedoen moes word, maar wat?"

So is dit nou deur Johan van Wyk is op pad

Hennie van Deventer Menings 2016-06-21

"Nou, uiteindelik, drie jaar later: heuglike nuus. Johan van Wyk se skare 'fens' lek lippe af."

Geheuekiekie

Hennie van Deventer 2013-01-29 Met oë bottoe van pure lekkerte ...

Briewe uit Brittanje: reuse-verskeidenheid glimlag-stories met vindingryke toepassings

Hennie van Deventer Academic research 2010-03-18 Briewe uit Brittanje Skrywer: Rhynie Greeff ISBN: 9781770220768 Prys: R159,95 Uitgewer: Zebra Press    “Liewe mense van my land …” Klokslag elke maand kom ’n brief met ’n bekende stempel – die moeite werd om, by wyse van spreke, daarvoor die posman by die tuinhekkie te gaan inwag. Eendag daag ’n hele boks vol briewe […]
Top