Elders gesien: In memoriam – Jeanne Goosen

  • 0

Jackie Nagtegaal skryf op Facebook:

Jeanne Goosen is dood.

Skielik is my hart so seer. Sy was ’n towenaar, goud gekleur. ’n Wals in die absurde.

Dronk gedans, het ek soms probeer ontsyfer wat was wat. Sin gesoek. Maar sy het haar stories soos ’n kokon om my gespin sodat die terugkeer na die wêreld ’n sagte hergeboorte sou wees. Dat dit stadig sou ontvou.

Dan weke later, in ’n onvergete kaal oomblik, onthou ek iets wat sy gesê het en lag hardop.

Ander is mal, sê sy. En ons is nie almal só nie.

Tussen haar en my ma kon mens die wêreld verstaan. Sonder mense soos hulle is als stukkend. So vanoggend maak ek my oë toe en hoor haar vingers oor die klavier ... haar blou oë. Take this waltz. This waltz, this waltz, this waltz, this waltz. With its very own breath of brandy and Death. Dragging its tail in the sea.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top