Elders gesien: Net een kolletjie van die dice

  • 1

Foto: Canva.com

Albert du Plessis skryf op Facebook:

Hier kom groot nood. Ons pittighede oor skywe, drank en kerke, en ons emosies, onsekerhede en neuroses wat manifesteer in uitbarstings teenoor ministers en teenoor mekaar, gaan wegsyfer in die sand van seer wat enkelhoogte ysig koud teen ons aanwaai. Die enigste redemption (verlossing wil nie mooi werk hier nie), die enigste redemption nou is om compassionate te wees en van jouself te gee.

Skemerdonker ry ek deur diep Bellville. Die hotspot van die epicentre van die land. Van die kontinent dalk. Dit is moeilik om die skielike toename in getalle haweloses in vodde op straat mis te kyk. Nou is hulle na ure die enigstes op straat. Ysige nat donker strate. Nie eers die lockdown polisie wil hulle hê nie. En jy weet. Jy weet daar’s net een kolletjie van die dice tussen ons en daardie mense. En die dice-gooier staan en blaas op sy bakhande.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top