Elders gesien

Met die nodige toestemming van die skrywers, verskyn hier sosiale media-inskrywings wat die LitNet-redaksie se aandag getrek het.

Elders gesien: Namib100 – dag 2

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-01

"Duin op duin op duin. Om die ewige skoonheid van die Namibwoestyn te probeer vasvang in my wese en my gebeentes. Om die sand wat deur my lyf loop te voel lewe en om te weet dat ek gegrond kan wees al is die sand onder my los."

Elders gesien: Namib100 – dag 1

Marika van Heerden Elders gesien 2021-02-24

"Ek het gewonder of ek dalk Namibkoors het dat die gediertetjies my so aanraak. Maar in my dieper waters het ek geweet dat ek eintlik net die natuur in die gemak van sy eie vel gesien het."

Elders gesien: Lourens du Plessis, in memoriam

Antoinette Louw Elders gesien 2021-02-10

"Die groot man met die sagte stem en nog groter hart."

Elders gesien: Amanda Strydom bring hulde aan Sibongile Khumalo

Amanda Strydom Elders gesien 2021-01-29

"That voice, that dignity, that beautiful soul – gone."

Elders gesien: En so begin die jaar

Wilna Adriaanse Elders gesien 2021-01-25

"Ons hoop en gebede is dat 2021 ons sal toelaat om mekaar meer dikwels te sien. En met groter oorgawe mekaar te mag omhels."

Elders gesien: Wees versigtig

Amanda le Roux Elders gesien 2021-01-25

"Baie mense het baie te sê oor die 'wondermiddel' Ivermektien wat effektief is teen die pes wat in die donker wandel en ons lewens bedreig. Daar is egter kundiges (bv dr Gerhard Verdoorn)  in toksikologie wat waarsku teen die langtermyneffek daarvan."

Elders gesien: Jackson Mthembu sal beslis ’n leemte in Suid-Afrika laat

Barend la Grange Elders gesien 2021-01-22

"Ek onthou dit was ’n Saterdagoggend toe ek Jackson geskakel en die saak verduidelik en gemotiveer het ... Binne 10 minute het hy my teruggeskakel en gesê:  ‘You see the president on Monday at 10:00.’"

Elders gesien: Margot Luyt was só ’n dapper mens

Ben du Toit Elders gesien 2021-01-20

"Deur haar het ek geleer om anders te kyk na alle mense. Sy’t dit reggekry om die grense in jou psige te verskuif na ’n nuwe plek, ’n beter ‘jy’."

Elders gesien: Rus in vrede, liewe Margot

Annelize van der Ryst Elders gesien 2021-01-20

"My vriendin en kollega, vir baie jare, Margot Luyt (‘Sus’ soos ek haar genoem het), het ’n onvergeetlike plek in my lewe en loopbaan (en baie ander mense s’n) vervul."

Elders gesien: As jy steeds nie die basiese van die virus en pandemie verstaan nie

Elsabé Brits Elders gesien 2021-01-14

"Maar as jy nou nog geborsvoed moet word soos ’n Voortrekkerkind wat op 4 jaar nog tiet soek, en steeds nie die basiese van die virus en pandemie verstaan nie ..."

My tuintjie het nie genoeg blomme nie

Errieda du Toit Elders gesien 2021-01-11

"Ek gaan pluk ’n marigold vir elkeen wat ek ken wat nie eers een week van 2021 gegun is nie, maar my tuintjie het nie genoeg blomme nie."

Elders gesien: Hoe gaan ons hierdie kollektiewe trauma vorentoe hanteer?

Trisa Hugo Elders gesien 2021-01-08

"Ons samelewing is ontredder, ontwortel, niks maak sin nie. Mense kry swaar en elkeen hanteer dit soos hy kan. As mense die werklikheid regtig in die gesig gaan moet kyk na hierdie fase van ontkenning, wat dan? Hoe gaan hulle staande bly?"

Elders gesien: "Ek kan my nie ’n dag sonder RSG indink nie"

Amanda Strydom Elders gesien 2020-11-19

"Dit kan mos nie, dit mag mos nie."

Seen on Facebook: "This weekend Gatlinburg is a COVID-19 super-spreader town"

Arrie Rossouw Elders gesien 2020-11-16

"90% of the pedestrians on the packed sidewalks are not wearing masks. Lots of businesses do not require masks to enter." 

Elders gesien: VSA-verkiesing – hoe ek dinge sien

Wannie Carstens Elders gesien 2020-11-16

"Die verkiesing is gekenmerk deur fopnuus en talle samesweringsteorieë – sommige gaan werklik ’n mens se verstand te bowe. Dit wys net weer ons lewe in ’n tyd waarin waarheid min saak maak as dit in die pad van ’n groot leuen staan."

Elders gesien: "Nou is die tyd om staatmanskap te bewys"

Danie van Wyk Elders gesien 2020-11-11

"Ons benodig koelkoppe om plofbare situasies te ontlont. Eers was dit Senekal en nou Brackenfell. Waarheen is ons op pad? Politieke leierskap ontbreek op hierdie oomblik."

Seen on Facebook: The second wave

Jo Els Elders gesien 2020-11-05

"The fight is who is getting a R350 relief grant, and who is not. And that is sad to see – desperate people standing, sitting outside the post offices. For hours – days."

Elders gesien: COVID-19 – hou mekaar veilig

Ivor Price Elders gesien 2020-10-20

"Ja, mens moenie in vrees lewe nie, maar ons moet ook nie dwaas en dom wees wanneer dit kom by maatreëls teen COVID-19 nie." 

Elders gesien: "Só ’n begrafnis wens ek vir elke boer in hierdie land"

Naòmi Morgan Elders gesien 2020-10-12

"Dit was doodstil en oneindig vreedsaam in die kerkhof, en daar was groot dankbaarheid vir sy lewe by almal om die graf, want hierdie boer het nie gewelddadig gesterf nie."

Elders gesien: Oproep vir bydraes tot Eugène N Marais-bundel

Jeanette Ferreira Elders gesien 2020-10-12

Die gevierde skrywer, Eugène N Marais, se sterfdatum 85 jaar gelede word op 29 Maart 2021 gevier. Minimal Press beplan ’n bundel ter herdenking van hierdie geleentheid. Bydraes wat die volle spektrum van Afrikaans verteenwoordig, sal verwelkom word.

Top