Elders gesien: ’n Bitter skoonheid wat in die landskap gloei

  • 0
 
Louis Jansen Van Vuuren skryf op Facebook:
Daar is ’n legende in Frankryk dat die vier ysheiliges, St. Servais, St. Pancrace, St. Mamert en die heilige Sophia, tot so laat as 14 Mei verwoesting kan saai tussen jou vrugtebome en in jou geliefde potager. Die jaar, klaar vol dinge, maak die wynboere skrik toe die kwiksilwer laasweek vêr onder vriespunt val. In ’n desperate poging om die temperatuur ’n bietjie te lig, steek die boere konka-kerse in die wingerd aan. Dit is saans ’n bitter skoonheid wat in die landskap gloei.
Ek was net betyds om ’n paar van my vrugtebome te beskerm. Dié wat ek nie by kon uitkom nie, se bloeisels is geskroei en baie van die klein vrugteknoppies is swart gebrand.
“Saint Servais, Saint Pancrace et Saint Mamert font à trois un petit hiver”. Saints Servais, Pancrace and Mamert together make a little winter.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top