...
Om ’n verwikkelde verhaal volledig binne die bestek van 45 000 woorde te vertel, is g’n geringe taak nie. Elke woord, elke frase of sin moet trefseker en sekuur wees.
...
Louis Esterhuizen skryf op Facebook:
Liefdesverhale. Skynbaar lees net twee uit elke 100 manlike lesers liefdesverhale, aldus LAPA Uitgewers se statistiek. Ek kan dit nie glo nie, maar nou ja: Ek is een van daardie twee in ’n honderd. Skaamteloos en met akklamasie. Van die beste tekste wat ek nog ooit onder oë gehad en/of hanteer het as tekspraktisyn, was Romanzas. Om ’n verwikkelde verhaal volledig binne die bestek van 45 000 woorde te vertel, is g’n geringe taak nie. Elke woord, elke frase of sin moet trefseker en sekuur wees.
Ja-maar, hoor ek die filistyne sê, dit is “resepmatig” met ’n erg voorspelbare slotverloop. Liewe magtig. Watter teks is nié resepmatig nie? Enige teks is per definisie ’n geskryfde weergawe van die werklikheid. En wat is meer gerusstellend as die wete dat die held en heldin uiteindelik ná vele terugslae, komplikasies en wroeging wél in mekaar se arms sal beland?
Mag daardie 2/100 manlike lesers binnekort 20/100 en meer wees.
Ek gaan nie name van gunstelinskrywers noem nie, want daar is gewoon té veel. Maar – dankie, dankie vir ure se leesgenot. Sonder julle is die wêreld voorwaar ’n droewe, onromantiese plek.
Kommentaar
Ek stem saam, Louis. 'n Lekker Romanza op sy tyd is pure plesier.
Ek is deel van die 98 %. Gee my maar liewer 'n misdaadfiksie. Of beter nog, 'n geskiedenisboek. Ek besef hoe onrealisties die meeste misdaadfiksie is. Liefdesverhale is beslis 'n kuns om te skryf. Ek kry dit egter nie gelees nie. Het al probeer.
Dankie, Louis - jy maak my dag!
Misdaadfiksie is ook resepmatig: Bad guy does something very bad. Chaos breaks loose. Good guy decides to fix it and investigates. Ups and downs, just like in the romance. Bad guy gets caught, THE END.
Dankie, Louis!
Give that man a bells! Of 'n stapel Romanzas. Slim man.
Gee my enige tyd Romanzas om te lees. Liefde is tog positief ... misdaad meer negatief!