WF 2012: Hulpkreet na Aarde

Carla Koen 2012-10-03 "Met ons aankoms by Unitas Hospitaal het die bevelvoerder die ultraviolet-suigbuis gebruik om die pasgebore baba uit die suster se arms te raap en my in haar arms te plaas. Die suster was baie moeg en oorstuur en het net haar kop geskud. Sy’t die babadogtertjie na haar 'ma' geneem. So het dit gebeur dat ek my Aarde-ouers, Johan en Louise, aangeneem het."

WF 2012: Plus proefbuis van genesing

Angelique van Zyl 2012-10-03 "Na vandag is sy seker sy het dit reggekry ... Sy het die kuur vir vigs se aanval op die immuunstelsel gekry!"

WF 2012: Waar dit tot ’n einde kom

Albert van Zyl 2012-10-03 "Grasvlaktes, plante, woude, wilde diere. Dis alles iets van die verlede. Ons leer kinders van die plaaslewe deur vir hulle prente in boeke te wys. Ons moor vir vrugte."

WF 2012: Krisis

Aidan Vermaak 2012-10-03 "Die president se gesigsuitdrukking verstrak: 'Generaal, jy en jou twee soldate is ons enigste hoop op dié stadium. Ek en die hele wêreld plaas ons volle vertroue in julle.'"

WF 2012: Telepatie

Carla le Roux 2012-10-03 "’n Honderd jaar gelede was telepatie ’n lagwekkende onderwerp. Bloot iets waaroor elke man gedroom het as hy na sy vrou kyk wat hom vir die soveelste keer uitskel oor die ding wat sy hom 'al ’n duisend keer gevra het om te doen'."

WF 2012: Tyd: 11:11

Imke Burger 2012-10-03 "Ek kyk na die sterre en beweeg my kop. Ek probeer jare se astrologie- navorsing toepas op wat ek sien. Dan vang die maan my oog. Die skaduwee op die maan raak groter. Ek snak na my asem en val op die droë grond tussen die digte plante neer."

Die skrywer en nuwe publikasiekontekste: Interaktiwiteit en wisselwerking in aanlyngemeenskappe – Fanie Viljoen se Pynstiller as gevallestudie

Franci Greyling 2012-09-28 "Die verskillende weergawes van Fanie Viljoen se teks Pynstiller is hoofsaaklik die gevolg van sy betrokkenheid in ’n kreatiewe en navorsingsprojek waarin kunstenaars en skrywers die grense van die kodeksvorm van die boek uitgedaag en oorskry het."

Huwelik binne gemeenskap van goed: Die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms

Neil van Schalkwyk 2012-09-27 "Die doel met hierdie aantekening is om te kyk wat die effek van ’n egskeidingsbevel op ’n bateverdelingsooreenkoms is indien die partye binne gemeenskap van goed getroud is."

WF 2012: 00:00

Lara du Preez 2012-09-27 "'Dit het begin.' Dis eers toe Izak vra: 'Kama?' dat ek besef ek het hardop gepraat. Ek kyk op my horlosie. 22:30. Ek het ’n uur en ’n half."

Waaroor Wiskunde-onderwysers kan glimlag: Die SBA se gratis kongres

Marise Oberholzer, Naomi Meyer 2012-09-27 Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied in Oktober 'n gratis Wiskundekongres in Oudtshoorn aan. Naomi Meyer het vir Marise Oberholzer, Projekbestuurder: SBA Wiskundekongres, hieroor uitgevra.

WF 2012: Asem

Trudie Coetzee 2012-09-26 "Hy voel hoe elke ooglid swaarder raak; ’n swart sluier van die donker se voorbode oorval hom. Die groen entstof in die plastieksakkie waaraan hy gekoppel is, het leeggeloop."

WF 2012: Schrödinger se tyd (’n liefdes-denkeksperiment)

Jan Adriaan Boshoff 2012-09-26 "Sy lewe in die verlede – selfs honderd jaar later is daar vir haar net één lewe, een saam met Frederik. Sonder hom voel sy leeg."

LitNet Akademies: Jannie Pretorius reageer op Suzanne Bester en Dorothea Steenkamp se kommentaar oor sy waarderende artikel oor Emme-Lancia Faro

Jannie Pretorius 2012-09-25 Jannie Pretorius reageer op Suzanne Bester en Dorothea Steenkamp se kommentaar op sy LitNet Akademies-artikel "’n Positiewe profiel van ’n buitengewone hoofmeisie as rolmodel: Emme-Lancia Veronique Faro van die Sekondêre Meisieskool Oranje".

WF 2012: Die Beskermer

Kobus Stadler 2012-09-25 "Die Beskermer trek sy swaard uit sy skede en staan gereed. So vinnig soos ’n kat wat ’n muis vang, is die Beskermer by die eerste voertuig en hy druk sy swaard dwarsdeur."

Dissipline in die klaskamer – Deel 2: Dissiplinêre maatreëls en opvoeders se bevoegdhede en verantwoordelikhede ten opsigte daarvan

Katie Müller 2012-09-20 "Die regte van leerders word sedert die totstandkoming van die demokrasie in Suid-Afrika dikwels oorbeklemtoon. Dit lei daartoe dat baie leerders oorbewus is van hulle regte, maar min verantwoordelikheid openbaar om hulle verpligtinge na te kom."

“Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks: menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se skildery The Spear” en etiese feministiese kritiek

Yvonne Jooste 2012-09-20 Yvonne Jooste lewer kommentaar op Jaco Barnard-Naudé en Pierre de Vos se LitNet Akademies-artikel "Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks: menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se skildery The Spear".

The Spear en die gevare van postmoderne ivoortorings

Loammi Wolf 2012-09-20 Loammi Wolf reageer op die LitNet Akademies-artikel "Die politiek van die estetiese in ’n postkoloniale konteks: menswaardigheid en vryheid van uitdrukking in die debat rondom Brett Murray se skildery The Spear" deur Jaco Barnard-Naudé en Pierre de Vos.

Jurisdiksiegrondslae vir die vervolging van internasionale misdade met verwysing na Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die internasionale strafhof

Neels Swanepoel 2012-09-19 "Ten einde Suid-Afrika se verpligtinge as lidstaat van die hof te verstaan, ontleed hierdie artikel eerstens die konsep universele jurisdiksie, waarna dit die aanvullingsbeginsel van jurisdiksie in oënskou neem."

WF 2012: Nat graf

Jan Adriaan Boshoff 2012-09-19 "Die watervlakke het al klaar begin styg en dit sit al by Tafelberg se voetenent; die Kasteel lê onder die see, vergete. Ons erfenis sal tien teen een heeltemal verdwyn onder die oseane, nes Atlantis, vergete; die blou planeet sal heeltemal blou word."

Niefiksie-boeke: raad gevra

Mari Snyman 2012-09-19 Wie kan help met voorstelle? Hier is ’n onderwyseres wat op soek is na niefiksie vir graad 12-leerders (en studente).
Top