Jan Adriaan Boshoff2012-09-18"Die idee het na my toe gekom in ’n droom: om vir myself ’n vrou te bou wat net soos die Vrou sou lyk, en wat ek sou kon programmeer om my lief te hê."
"Behalwe die formele of drempelvereistes vir die instel van ’n suksesvolle grondeis, moet daar ook aan die regsvereistes voldoen word. Laasgenoemde behels dat ’n persoon geregtig op herstel van ’n reg in grond is indien hy of sy ’n persoon (of gemeenskap) is wat na 19 Junie 1913 van ’n reg in grond ontneem is 'as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het'."
Emlyn Allwright2012-09-14"Die strate bruis, maar die lugkanale is vandag redelik stil. Elke paar minute slinger ’n leerling-bestuurder deur die rookmis, ’n rooi “L” geplak op hul hemeltuie."
Trudie Coetzee2012-09-13"Hy verlang na die dae van grootword met een self. Een brein, een hart, een lewe. ’n Eenvoudiger lewe. Hy verlang na haar, net vir homself. Getrou net aan hom. Die regte sy. Sy bly sy enigste vrou – al word sy tienduisend keer vermenigvuldig."
Leon Rousseau, Naomi Meyer2012-09-13In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.
Emlyn Allwright2012-09-13"’n Vlinder draai stadig oor die gras en ek stop om ’n video te neem. 'Videokamera,' sê ek duidelik en fokus op die bloedrooi vlerke. ’n Polsende rooi kolletjie verskyn in die hoek van my helmkap en ek volg die vlinder met my oë om dit af te neem. Na ’n paar sekondes dartel hy, asof hy skaam is, agter die bosse in en ek deaktiveer die opnemer."
Jaco Jacobs2012-09-12"Ek gee nie regtig om wie die indrukwekkende arsenaal skietgoed ontwerp het of watter fantastiese baanbreker-wetenskap daaragter skuil nie - die belangrikste is of luitenant Ripley daai flippen ruimtegogga kan skiet dat die slym spat."
Katie Müller2012-09-12"Opvoeders is dikwels onseker oor die mate waarin leerders wat hulle wangedra se fundamentele regte beperk mag word tydens die toepassing van dissiplinêre maatreëls in die klaskamer."
2012-09-12Die sluitingsdatum vir LitNet Akademies Kuberklas se opwindende wetenskapfiksie-skryfkompetisie sluip al hoe nader. Henriëtte Loubser en Jaco Jacobs gesels oor wetenskapfiksie.
Henriëtte Loubser2012-09-10"WF is baie gewilde leesstof onder kinders en jongmense, daarom is dit juis ’n potensiële bron tot leergeleenthede wat deur ouers en onderwysers ontgin kan word. Hier kan ’n mens vashaak by geletterdheidsvaardighede, maar WF bied ook ’n ideale medium vir die ondersoek van wetenskaplike en sosiale kwessies."
2012-09-07"Die sosiale media (internet, Facebook, Twitter, ens) speel ‘n al hoe belangriker rol in kinders se lewens en daar is bekommernis oor die invloed daarvan op kinders, en spesifiek ook op lees deur kinders."
JJ Henning2012-09-07"In hierdie bydrae word die aandag toegespits op Suid-Afrikaanse moratorium-wetgewing en veral dié ten behoewe van soldate en ander lede van die verdedigingsmag van die Unie op aktiewe diens gedurende die Eerste Wêreldoorlog en die Tweede Wêreldoorlog."
Daan Wissing2012-09-07"Hierdie artikel is ’n verslag van ’n ondersoek na die akoestiese eienskappe van die vokale van Afrikaans soos voortgebring deur ’n groep van 20 bejaarde Afrikaanssprekende vroulike sprekers (gemiddeld 86 jaar oud)."
Zaan Bester, Tobie van Dyk2012-09-03"Ek snap dit dat ’n nuweling-eerstejaarstudent nie gelukkig daarmee is om ’n akademiesegeletterdheidsmodule of ’n taalmodule te volg wanneer hy/sy by ’n universiteit aankom nie – hy/sy is dan nou immers hier om ’n ingenieur te word, of ’n dokter, of ’n prokureur. "
Simone van Loggerenberg2012-08-31"Aan die einde van die dag was ek oortuig van een ding: die ouer mense van die dorp het my aangegaap asof ek mal was."
Marisa Botha, Ena Jansen2012-08-31"Ek dink ons leef nou in ’n ander wêreld, waarin mense op webwerwe, blogs, Facebook en deur ander sosiale media hulle persoonlike ervarings met die publiek deel. Die outobiografiese genre het ook baie gegroei in die afgelope paar dekades."