WF 2012: Die kuur

  • 0

5 Januarie 2035. Ek staan op die vooraand van ’n belangrike ontdekking wat my ’n heldin in die oë van die wêreld sal maak.

Die aangenome baba kom mos altyd tweede in ons gesin! Ek het nie eers meer ’n naam nie; party dae is ek Heks en ander dae Slavin. My familie beskou my as iets onnatuurliks en herinner my elke dag daaraan. Ek is nie die maerste nie, nog minder die mooiste. Ek is doof en daarom lewe ek in diep stilte.

My lewe het oorspronklik in Indië begin, waar my ma gepraktiseer het. Sy was een van daardie mal mense wat kragdrade so vyftig meter bokant die grond geïnspekteer het. Een aand het sy in ’n gebied gewerk en nie besef dat die hemel op haar sou neerval nie. Dit het letterlik gebeur. Terwyl sy besig was om drade te knip en volts te meet, sien sy net vlamme wat op haar afpyl. ’n Vliegtuigongeluk was die volgende oggend op al wat ’n nuusstasie is. Sy is vir ’n hele rukkie gehospitaliseer.

Tydens die ongeluk was sy swanger en sy het nie my geboorte oorleef nie.

***

Ek beland in ’n kinderhuis in Mulatte. Die plek is ’n pragstuk en elke leerder het sy eie kamer. Ons stap in rye en groet mekaar baie formeel, met geboë hoofde. Die vere maak nie die voël nie, is presies wat gesê kan word van hierdie tehuis. Wat werklik in hierdie kamers aangaan, is definitief in kontras met die uiterlike ...

***

Nagmerries het my drome begin binnesypel en sodoende my aande baie donker gemaak.

Die oggend sien ek mense wat buitekant my hortjiesvenster gesels. Ek is op my tienerstadium en dink dadelik die mense is belaglik. Ek trek die satyngordyne spoedig toe en stap vol angs ondertoe. Raai wie was die mense? Jy het reg geraai: Dit is my nuwe gesin!

’n Paar dae saam met hulle is nogal baie uitputtend. Daar is twaalf van hulle wat elkeen hul eie mening het. In ons tuin is daar neon-blouerige blomme, maar snaaks genoeg is ek die enigste een wat dit raaksien. In my drome volg ek hierdie ultravioletspoor om iets van my lewe te maak!

Dit begin in ’n mooi tuin, maar net buite ons skewe hek is dit donker en gelukkig kan ek geen geluide hoor nie.

Dit is moeilik om die spoor te volg, langs paaie, oor heuwels en verby diere wat jou as hul prooi sien. En, om alles te kroon, insekte wat oor jou kriewel.

Dit eindig by ’n afgeleefde munisipale gebou wat deur mans in swart klere bewaak word. Ek loer deur ’n gaatjie en sien goed wat my oë nog nooit beleef het nie. Ek besef dat daar ’n groter prentjie is. Daar is vyf ultraviolet spore wat by mekaar aansluit en ’n groot masjien omring.

Ek beweeg weg van die muur en begin stadig om die gebou stap. Ek kom tot die ontdekking dat daar nog vier tieners is wat ook hierheen gelei is deur die spore.

Die hekke gaan oop en mans met wit uitrustings neem ons na binne. Ons word na ’n kamer geneem waar ons vyf gaan slaap. Daar is ’n klomp gereedskap op elkeen se bed.

In my brein hoor ek: “Julle word oor twintig minute in die Sirkel verwag; ons sal julle daar toespreek.”

Die kamer het geen vensters nie, die beddens is teen die dak en die gereedskap sweef deur die lug.

Die Sirkel is die plek waar almal bymekaarkom vir die daaglikse toespraak deur die professor. Vandag se toespraak gaan oor ’n vliegtuigongeluk wat omtrent agtien jaar gelede plaasgevind het. Al vyf ons ma’s is oorlede na die ongeluk, pas nadat my ma aan my geboorte geskenk het. Die gasse van die vliegtuig en inspuitings wat ons ouers gekry het, het gevolge op ons.

Ek hoor weer in my brein: “Julle is die wetenskaplikes wat die geskiedenis gaan verander!”

Ons doel vir die volgende jaar is om die chemikalieë wat gebruik word om skaliegas uit die rotse te haal, te verwerk en siektes iets van die verlede te maak.

Die siektes waaraan ek moet werk, is ’n behandeling vir vigs en tuberkulose. Na ’n klomp ontploffings, geskroeide hare en dooie muise staan ek met ’n wonderkuur in die vorm van ’n drankie in my hand!

Ons vyf is soos familie en deel alles met mekaar.

Ek het my droom nagejaag en ’n beroemde wetenskaplike geword.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top