Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Oktober
Boekeblad: Applous vir roman wat wérk
Clari Niemand resenseer Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos
Boekeblad: Tebatso se reis na binne
Stella Fourie resenseer Tebatso gaan see toe deur Maya Fowler
Boekevat-rubriek (Daniel Hugo): Digters se dans met die drukkersduiwel
Nuus/Kuns: ‘Liefde vir Afrikaans groter in Europa’ – T’Sjoen
8 Oktober
9 Oktober
Kuns/Nuus: ‘Lord of the Rings’ praat nou Afrikaans
Uittreksel: Botha se toespraak beïndruk wêreldleiers
10 Oktober
Kuns/Nuus: Wanneer die skrywer se asem boeke word
13 Oktober
Kuns/Nuus: Briewe van Leroux aan Winterbach inspireer 1ste roman
Profiel (Charles Smith oor Christiaan Bakkes): ‘Skryf is ook ’n vorm van natuurbewaring’
15 Oktober
Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die tameletjie van vertaal of nie vertaal
18 Oktober
Kuns/Nuus: Nuwe Van der Vyver-bundel met rubrieke, sketse
21 Oktober
Kuns/Nuus: Zirk delf in die geskiedenis vir stories
Kuns/Nuus: 20 jaar van Van Heerdenversameling in Gent gevier
22 Oktober
Boekeblad: ’n Tuin vir Tessa boei leser enduit
JB Roux resenseer ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo
Kuns/Nuus: Bloem-vroue het help kweek aan digter se passie
25 Oktober
Boeke/Nuus: Nuwe kinderboeke in ’n japtrap (Book Dash)
26 Oktober
Kunsblad/Nuus: Meyer op Prins Albert se Leesfees gehuldig
Profiel (Willemien Brümmer): Deon Meyer: Dít het Deon Meyer en Bennie Griessel gemeen
Uittreksel: ‘Meneer Uys! U spel dit met ’n F’
29 Oktober
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Oktober die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
2 Oktober
- Die vertes in deur Zirk van den Berg
- ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo
- Tebatso gaan see toe deur Maya Fowler
9 Oktober
- Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen
- Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach
- Kantelpunt deur Sophia Kapp
16 Oktober
- 1 Recce deur Alexander Strachan
- Losprys deur Martin Steyn
- Kainsmerk deur Annelie Botes
23 Oktober
- Nostalgiese Pretoria / Nostalgic Pretoria deur Friedel Hansen
- Indrukke van die oorlog (1899 – 1902) deur Friedel Hansen
- Prooi deur Deon Meyer
- Pieter-Dirk Uys: Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys
30 Oktober
- Kuier om die kole deur Aletta Lintvelt
- Wit terroriste deur Albert Blake
- Jesus-avonture vir kaalvoeters deur Cor Uys en Letitia Uys
- My prinses leer om te deel deur Amie Carlson
- My prinses leer om dapper te wees deur Stephanie Rische
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Oktober vrygestel:
4 Oktober
Bibi gesels oor Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock. Media24 se nasionale boekeredakteur Jo Prins vertel na watter drie boeke hy uitsien.
11 Oktober
Bibi praat oor haar gunsteling boek tot dusver hierdie jaar en loer in by die akteur Germandt Geldenhuys.
18 Oktober
Bibi bespreek ’n paar boeke wat ’n plek op die vakansieleeslys regverdig. Lea Vivier vertel watter boek haar beïndruk het.
25 Oktober
Bibi bespreek twee nuwe resepteboeke op die mark: The South African Vegan Cookbook en Armand kook kaal. Armand Aucamp vertel meer oor laasgenoemde.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:
![]() |
The land is ours: die wortels van grondbesit en –onteiening lê diep
Anne-Marie Mischke 2018-10-31 "Selde nog het iemand, in die woorde van Ngcukaitobi, soveel lig gewerp op die werklikheid van menslike lyding wat die gevolg van dié wet was. Msimang was die eerste een wat verstaan het dat die wet se reikwydte veel verder was as grondonteiening." |
![]() |
Ja vir God, nee vir die kerk? deur Kobus Kok: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-10-31 "Vir baie gelowiges is die eerste drie eeue van die Christendom ’n tydperk wat hulle verromantiseer. Die kerk is soms in hierdie tye vervolg, maar die Christelike godsdiens het soos ’n veldbrand versprei." |
![]() |
Bonita Avenue deur Peter Buwalda: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2018-10-31 "Dit was vir my telkens opwindend hoe vol besonderhede die teks is en hoe Bezuidenhout oor die taalkennis en letterkundige aanvoeling beskik om alles oortuigend en ongedwonge in Afrikaans te stel. Wonderlik ook die verrassings aan die eindes van sinne." |
![]() |
Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq: ’n resensie
Elisabeth Snyman 2018-10-31 "Daar bestaan weinig of geen vertalings van ekstreem-kontemporêre Franse poësie in Afrikaans nie en in hierdie opsig kan hierdie bydrae van Henning Pieterse nie onderskat word nie." |
![]() |
Kinnes deur Chase Rhys: ’n resensie
Mercy Kannemeyer 2018-10-29 "Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer." |
![]() |
Keshia Davids, superheld deur Alesha Dixon: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-10-25 "Alesha Dixon se roman en Lydia Du Plessis se vertaling daarvan is ’n unieke boek vir enige jong leser wat sy of haar tone in die leserswêreld wil doop." |
![]() |
Jong lesers: Kewerwraak deur MG Leonard
Karla Sandrock 2018-10-24 "Ek dink dat MG Leonard hierdie boek op ’n uitstekende manier geskryf het, en sy het aan my bewys dat kewers nie die walglike kreature of monsters is wat party mense dink hulle is nie." |
![]() |
Salutatio Terrae VII – ’n mening
Cas Vos 2018-10-24 "My mening oor Salutatio Terrae VII is dat dit ’n manjifieke werk is. Dit lei tot diep en vernuwende nadenke oor filosofie, godsdiens en wetenskap. En oor menswees in ’n tyd soos hierdie." |
![]() |
Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes: omgewingskwessies oopgevlek in aangrypende verhaal
Dawid de Wet 2018-10-24 "Die toekoms van die mensdom op hierdie aarde is in die weegskaal. Nou, soos nog nooit tevore nie, moet ons optree en die verwoesting stopsit." |
![]() |
Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-10-23 "Die gemiddelde ouderdom van die deursneelidmaat is besig om drasties te styg, en baie gemeentes sukkel om kop bo water te hou en sluit selfs hulle deure." |
![]() |
Nagreisiger deur Leon van Nierop: ’n resensie
Elbie Adendorff 2018-10-19 "Die boek lees maklik en Van Nierop se mooi taalgebruik en beskrywings is ’n pluspunt. Maar dit is veral die tema waarmee lesers sal identifiseer: die nagreisiger wat dikwels saam met elke leser op reis is." |
![]() |
Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk
Alexander S Mickel 2018-10-19 "Martin Steyn se boeke word gekenmerk deur deeglike wetenskaplike en sielkundige navorsing en outentieke dialoë, en die uitstekende beskrywings van dinge, situasies en persone laat al dié goed voor die leser se oë verskyn. Steyn verskaf groot leesgenot." |
![]() |
Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-10-19 "Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf." |
![]() |
Die tale wat ons praat, saamgestel deur Danny Fourie: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-10-18 "Die tale wat ons praat is ’n radioprogram wat ten minste deels staatmaak op die publiek se vrae aan taalkenners, en die boek wat daaruit voortgevloei het, is dan ook saamgestel uit ’n keur van hierdie navrae." |
![]() |
Shaka rising deur Luke W Molver en Mason O’Connor: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-10-18 "Die roman is met ander woorde nie net ’n poging om die publiek en jeug oor die Afrika-geskiedenis te onderrig nie, maar dit wil hulle ook oor die Zoeloe-kultuur inlig." |
![]() |
’n Skerfie glas deur Erika Murray-Theron: ’n resensie
Alta Cloete 2018-10-18 "’n Skerfie glas is die verhaal van Issie Malherbe, maar ook die verhaal van haar uitgebreide familie, van die skrywer self en uiteindelik van die Afrikanervolk." |
![]() |
Die elfde gebod deur Gerhard Ras: ’n resensie
Yolanda Wessels 2018-10-18 "Ras slaag beslis daarin om nie net wenkbroue te laat lig vir die voorblad nie, maar om die leser aan te gryp met ’n hartlike verhaal van iemand wat baie deurgemaak het en gespaar is om vandag self sy storie te vertel, op sy manier." |
![]() |
Stroomop deur Adeline Radloff: ’n resensie
Reney Warrington 2018-10-17 "Die boek word nie toegelaat om op eie voete te staan nie, maar vorm bloot deel van die bemarking vir die film." |
![]() |
Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse deur Herman Lategan: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2018-10-16 "Om Lategan se 'prosa' te takseer is soos om ’n woer-woer te probeer stop. Satire, hartroerendheid, hartstog, spot, ironie en medemenslikheid dryf die leser van bladsy tot bladsy. Gaandeweg kom besinning. Lees stukkie vir stukkie, slukkie vir slukkie. Proe-proe." |
![]() |
Skadujagter deur Dihanna Taute: ’n resensie
Henriëtte Loubser 2018-10-11 "Skadujagter is ’n aangrypende verhaal wat die skrywer met intense deernis, maar ook met hope insae, deel. Sy skryf vernuftig en behendig, met ’n styl en aanslag wat by die jong volwassene aanklank sal vind." |
![]() |
Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie
Lizette Murray 2018-10-11 "Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed." |
![]() |
Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie
Org Potgieter 2018-10-03 "Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif." |
![]() |
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal
Pieter Odendaal, Naomi Meyer, Liné Enslin 2018-10-25 "Berge is die vergestalting van hierdie Salka, van die élan vital wat deur ons almal bruis. Dus: berge wóón vir seker; hulle is ’n force op hul eie, klipforte wat nie net woon nie, maar ook skuiling bied vir die lewensvorme wat rondom hulle woon." |
![]() |
Liefde in die tyd van die internet: ’n onderhoud met Fransi Phillips
Naomi Meyer, Fransi Phillips 2018-10-25 "Die storie moet homself skryf of anders gaan niemand dit doen nie. Ek het ook baie min tyd om te skryf. My digbundel My lied van die niet het ek in twee dae geskryf, en die grootste deel van Liefde in die tyd van die internet is tussen treine op die Moskou-metrostasies geskryf, met die mees ondenkbare lawaai in my ore." |
![]() |
Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle
Mercy Kannemeyer, Chase Rhys 2018-10-24 "Vind uit wie jy is en skryf dan van daai posisie. Om persoonlike ervarings in jou skryfwerk te gebruik hoefie seer te wies nie – jy sal verstaan dis net deel van jou story, dis nie wie jy is nie." |
![]() |
Tebatso gaan see toe: ’n onderhoud met Maya Fowler
Naomi Meyer, Maya Fowler 2018-10-24 "Die skrywer het ’n verantwoordelikheid om empatie vir ander te voel, en sodra ’n mens vir iemand empatie het, kan jy, nadat jy jou navorsing gedoen het, oor hom of haar skryf. Maar dit moet outentieke empatie wees – naïewe empatie lei na soetsappige skryfwerk, of nog erger, stereotipering." |
![]() |
Landbou Boerekos deur Arina du Plessis: van die plaas na die tafel
Naomi Meyer, Arina du Plessis 2018-10-24 "Die A–Z van die lekkerste kos met plaasprodukte: van aartappels en amandels, beet, dadels, lamsvleis en lemoene tot by waterblommetjies en wortels. Die boek bied ook uitstekende waarde vir geld, met meer as 300 resepte." |
![]() |
Skadujagter: 'n onderhoud met Dihanna Taute
Naomi Meyer, Dihanna Taute 2018-10-10 "Ek probeer my werk lees uit die leser se perspektief." |
![]() |
Video: Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse word bekendgestel
Liné Enslin 2018-10-09 Herman Lategan se Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse is op Saterdag 6 Oktober by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Martie Retief-Meiring het met Herman gesels. |
![]() |
Gert & Joey, nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar: ’n onderhoud met Pieter van Zyl
Naomi Meyer, Pieter van Zyl 2018-10-01 "En dis nou 30 jaar later. My magtag, is dit nie tyd om vir die ouers wat nog lewe antwoorde te gee nie?" |
![]() |
Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud
Naomi Meyer, Gustaf Pienaar 2018-10-01 "[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Oktober
Resensie: Leopold Scholtz resenseer Fear: Trump in the White House deur Bob Woodward
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Sondag deur Irma Venter
Resensie: Herman Lategan resenseer Self-HelpLESS: A Cynic’s Search for Sanity deur Rebecca Davis
14 Oktober
Resensie: Celesté Fritze resenseer As sy weer kom deur Marlize Hobbs
Resensie: Denver Kisting resenseer Die vertes in deur Zirk van den Berg
21 Oktober
Resensie: Andrew Brown resenseer Prooi deur Deon Meyer
Resensie: Frits Gaum resenseer Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen
Resensie: Anna Kemp resenseer Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos
Resensie: Magdel Vorster resenseer Skadujagter deur Dihanna Taute
28 Oktober
Resensie: Jean Meiring resenseer Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
11 Oktober
Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock
Duidelik beteken ontvlugting allermins dat jou lewe rimpelloos of sonder spanning gaan verloop. Veral as jy boer én handelaar wil wees. Én buitestander.
Lees die resensie
16 Oktober
Skadujagter deur Dihanna Taute
Hierdie genre bied egter ook ʼn geleentheid aan jong lesers om, in ʼn veilige ruimte, bestaande konflikte en vrese te konfronteer. Dit is broodnodig in ʼn tyd waarin geweld in skole, dwelmmisbruik en ander sosiale kwessies ʼn realiteit in die lewens van die jeug is.
Lees die resensie
17 Oktober
Raaiselklip deur Troula Goosen
Dis ’n anderste avontuurverhaal vir jong lesers (seuns en meisies van 12 – 14 jaar) wat hou van stories wat hulle uitdaag om uit die gemaksone van ’n bekende milieu te beweeg. Dis ’n Gotiese spanningsverhaal wat in die 1800’s in Kaapstad afspeel, ’n kreatiewe fantasieverhaal én spookstorie wat die drade van gister en nou behendig saamknoop.
Lees die resensie
18 Oktober
Kinderfiksie te kies en te keur
Jong boekwurms kan na hartelus kies en keur tussen die wye verskeidenheid nuwe titels wat tans beskikbaar is.
Lees die resensie
30 Oktober
Tienerfiksie wat sprankel
Tieners wat lief is vir lees kan nou al kliphard begin skimp om die volgende boeke present te kry om die komende luilekker Desembervakansie te lees.
Lees die resensie
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 3 Oktober
Ilse Salzwedel se gaste is Pat Stamatélos en Maire Fisher. Pat gesels oor haar nuwe roman Aankoms en vertrek, en Maire vertel meer oor haar jongste roman The Enumerations. Milton Weber was by die onlangse Afrikaanse fees in Nederland, waar hy met Zelda le Grange gesels het oor die draaie wat haar biografie Goeiemôre mnr Mandela al oorsee gemaak het. Johan Myburg gesels oudergewoonte oor internasionale letterkunde.
Woensdag 10 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Irma Venter oor haar splinternuwe spanningsroman Sondag, waarin die donker wêreld van mensehandel verken word. Santie van der Merwe gesels oor haar jongste verhoudingsroman Al wat oorbly. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae word daar onder meer gesels oor skrywersblok, rillers en die Frankfurtse boekeskou.
Woensdag 17 Oktober
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Alettie van den Heever oor haar distopiese roman Stof. WO Kühne se bekroonde kinderboeke oor Huppelkind is onlangs heruitgegee in die versamelwerk Huppelkind, en jy kan luister na 'n stukkie uit 'n argiefopname waarin die skrywer en sy vrou, die illustreerder Dorothy Hill, oor die boeke gesels. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die eenmalige alternatiewe Nobelprys, Maryse Conde.
Woensdag 24 Oktober
Die program word gewy aan die digter Olga Kirsch. Ilse Salzwedel gesels met Egonne Roth oor haar Kirsch-biografie, Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte. Jy kan ook luister na uittreksels uit 'n dokumentêre program wat Daniel Hugo in 1994 saamgestel het, waarin Kirsch haar eie gedigte voorlees. Johan Myburg vertel in sy insetsel meer oor die wenner van die Manbookerprys.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 2 Oktober
In die volgende paar weke se programme word die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Elke program sal op 'n tema gebaseer wees. Hierdie week begin ons by die Liefde, wat seker maar altyd onderliggend en oorkoepelend is. Daar is gedigte van Adam Small, Lina Spies, ID du Plessis, Hans du Plessis, George Weideman, Vincent van der Westhuizen, Jolyn Phillips, Louise Boshoff en Yabadaka Shamah. Dean Balie en Daneel van der Walt is die voorlesers.
Dinsdag 9 Oktober
Hierdie week luister ons na gedigte oor kinders deur Antjie Krog, Jeanne Goosen, Lina Spies, Danie Marais, Carina Stander, Corlia Fourie, Ingrid Jonker en WEG Louw. Rolanda Marais is die voorleser.
Dinsdag 16 Oktober
Hierdie week luister ons na gedigte oor die huwelik. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Danie Marais, Corlia Fourie, MM Walters, Elisabeth Eybers, Fanie Olivier en TT Cloete. Ronél Geldenhuys en Johann Nel is die voorlesers.
Dinsdag 23 Oktober
Vandeesweek luister ons na gedigte oor vreugde en verdriet van Sheila Cussons, Lina Spies, TT Cloete, Antjie Krog, Gilbert Gibson, Breyten Breytenbach, Carina Stander, Dolf van Niekerk en ’n lied van Churchil Naudé, wat as ’n poëtiese teks gelees kan word. Roeline Daneel is die voorleser.
Dinsdag 30 Oktober
Hierdie week luister ons na gedigte oor vryheid deur Breyten Breytenbach, Adam Small, Piet de Jager, Stef Bos, Sheila Cussons en Koos du Plessis. Marlo Minnaar is die voorleser.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Oktober het Hambidge die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
In Oktober het die volgende resensie verskyn:
Marlies Taljard resenseer Il Paradiso deur Dante Alighieri (vertaal deur Cas Vos)
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Oktober die volgende resensies en rubrieke gelewer:
6 Oktober
Ken jou storie: Literatuurteorie
13 Oktober
Kies ’n boek: Self-helpless deur Rebecca Davis
20 Oktober
Kies ’n boek: Flights deur Olga Tokarczuk
27 Oktober
Kies ’n boek: Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos en Sleeper deur Mike Nicol