Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Januarie 

Boeke: Ghost in the drum is The Book Lounge se boek van 2025
Die kunsredaksie berig oor The Book Lounge se boek van 2025.

Boeke: Tom Lanoye vereer, op besoek aan SA
Laetitia Pople skryf oor die Belgiese digter wat die Gerrit Komrij-prys ontvang het.

5 Januarie 

Resensie: Perfekte losmaker vir die leeskalender
Jonathan Amid resenseer A pawfect life deur Dion Chang

Resensie: Sterre ’n lieflike liefdesverhaal
Anschen Conradie resenseer Sterre is vir altyd deur Sophia Kapp

Resensie: Verse wat oopstaan, helder spreek en bly resoneer
Alwyn Roux resenseer Atrium deur Marlise Joubert

Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Desember

9 Januarie

Boeke: Boek oor Hartswater-moorde hou herinnering aan slagoffers lewend

12 Januarie 

Resensie: Ware misdaad wat enduit boei
Stefaans Coetzee resenseer Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger

Rubriek: Gedig die uiting van egte, selfdeurleefde trauma
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Lammers ’n roman met epiese omvang
Francois Bekker resenseer Waar die lammers nie suip nie deur Daniël Lötter

Resensie: Booker-wenner ’n verhaal wat boei en onthuts
Lourensa Eckard resenseer Flesh deur David Szalay

19 Januarie

Resensie: Trompie met stoppelbaard en bier
Anschen Conradie resenseer Trompie en die Kruger-geheim deur Marcell Greeff

Resensie: Grommer droom om seerower te wees
Ilza Roggeband resenseer Die Seerowers van die Silwer Sardien deur Jacolene du Plooy

Resensie: Kolam ’n voortsetting van afgeronde digterskap
Neil Cochrane resenseer Kolam deur Fourie Botha

Resensie: Last Rites is ’n moet vir Ozzy-aanhangers
Ali van Wyk resenseer Last rites deur Ozzy Osbourne

26 Januarie

Resensie: Soetdoring met ’n ekologiese bewussyn
Francois Bekker resenseer Soetdoring in die ruigtes deur Christiaan Bakkes

Boekevat: ’n Verruklike sonde in Teheran
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: Vrywilligers ’n roman met ’n stilweg liriese aard
Jonathan Amid resenseer Die vrywilligers deur Malene Breytenbach

Resensie: ’n Fyn spel tussen waarheid en verdigsel
Joan Hambidge resenseer What we can know deur Ian McEwan

28 Januarie

By my lees: Absoluut áls van Elsa Joubert en Deon Meyer, sê Irna van Zyl

Boeke: Philip de Vos se Gemmerbier op RSG voorgelees

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:

Oop boek: skrywersonderhoud met Fourie Botha

Boekevat met Deborah: Spirits and spaces en Die laaste leuen

Lostorring deur Jadrick Pedro, ’n lesersindruk

Nuut, alles nuut deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Die keiser se duim deur Chris Karsten: ’n resensie

Werkswinkel van ’n dig-dirigent: ’n skrywersonderhoud

Die drie weduwees deur Irma Venter: ’n lesersindruk

Om ’n hart te tem deur Ciska Olivier: ’n resensie

Judas Iskariot se ouers deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud

Heil die Leser!: die rol van vrede en oorlog in twee romans

Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan deur Hercules Boshoff – ’n skrywersonderhoud

Cliff-hanger: Halley se komeet deur Hannes Barnard

Jo’burg, die blues en ’n swart Ford Thunderbird deur Vincent Pienaar, ’n lesersindruk

Piet van Rooyen se Hinterland, ’n lesersindruk

Boekevat met Deborah: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp en Roulette deur Sidney Gilroy

Sarah plus een deur Kristel Loots: ’n resensie

My jaar van vrees en vryheid: ’n onderhoud met Marita van der Vyver

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Januarie in Rapport verskyn:

4 Januarie

Boeke: Lees alles oor Rapport se 100 beste boeke hier

Resensie: As ’n gruwel ’n gemeenskap verskeur: Wat hét met Noekie gebeur?
Jannes Erasmus resenseer Waar die lammers nie suip nie deur Daniël Lötter

11 Januarie  

Resensie: Afrikaner en Zoeloe vat die langpad – dié man waag waar ander huiwer
Loftus Marais resenseer Klein konings deur Theo Kemp

18 Januarie 

Resensie: Een boek, twee skrywers – en karakters wat sterf sonder skroom
Stefaans Coetzee resenseer Private Dublin deur James Patterson en Adam Hamdy

Resensie: Dié boek breek jou brein: Wat gebeur as jy wéét ek weet jy weet
Clari Niemand resenseer When everyone knows that everyone knows ... deur Steven Pinker 

25 Januarie

Resensie: Die kort, maar dis kuns – debuut tref jou tussen die oë
Joan Hambidge resenseer Koorsboom deur Jakes Möller

Resensie: Onthou jy die wêreld waar ons nog op mekaar kon reken?
Stefaans Coetzee resenseer Hinterland deur Piet van Rooyen

 

Die volgende resensies en onderhoude het in Januarie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

14 Januarie

Oudlid van Coligny-kommando diep foto’s, herinneringe op

“Dit het soveel nostalgie by my gewek om deur ’n kwarteeu se wedervaringe te werk.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/oudlid-van-coligny-kommando-diep-fotos-herinneringe-op/

19 Januarie

Helena Hettema bring digkuns na die koffietafel

“Omdat ek lief is vir koffietafelboeke, het dit vir my sin gemaak om iets te skep wat mense visueel intrek, maar hulle ook laat stilstaan by die woorde.”

Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-helena-hettema-bring-digkuns-na-die-koffietafel/

Skrywer kleur gewilde TV-reeks in boekvorm in

“Ek het nie net van die storie gehou nie, maar ek het ook gevoel ek kan iets anders daarmee doen en nie net die reeks eggo nie. Dit was interessant om te dink wat in die karakters se koppe aangaan en hoe ek dalk waarde tot die storie kan toevoeg.”

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/skrywer-kleur-gewilde-tv-reeks-in-boekvorm-in/

26 Januarie

Boekresensie | Bekroonde bundel wat Afrikaans laat skitter

Gaireyah Fredericks boekstaaf ’n briljantheid, ’n fasettigheid wat tot nog toe nie op skrif geflonker het nie.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-bekroonde-bundel-wat-afrikaans-laat-skitter/

28 Januarie

Boekresensie | Nuus uit F1 se binnebaan

Die vertellings is interessant, maar meestal net as jy ’n liefhebber van Formule 1 is.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-nuus-uit-f1-se-binnebaan/

30 Januarie

Liefde ontvlug die werklikheid in Parys

“Die resep vir ʼn klassieke liefdesverhaal bestaan uit twee mense wat mekaar ontmoet en die leser weet van bladsy een af dat hulle mekaar gaan kry.”

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-liefde-ontvlug-die-werklikheid-in-parys/

Petrovna Metelerkamp deel ’n leeftyd se mensestories in memoires

As ’n gesoute joernalis, uitgewer en iemand wat ’n eindelose fassinasie met mense het, het Petrovna Metelerkamp ’n leeftyd se ervarings oor die jare in hordes notaboeke opgeteken.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/petrovna-metelerkamp-deel-n-leeftyd-se-mensestories-in-memoires/

30 Januarie

Helga Roets wys ouderdom is nie die einde 

“Die oumense het allerhande stories vir my vertel, en dit is waar ek aan die inspirasie vir Helga se avonture gekom het.”   

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/helga-roets-wys-ouderdom-is-nie-die-einde/ 

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

 

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 7 Januarie

Die skrywer Marko van der Colff is onlangs oorlede, en jy kan luister na ’n argiefopname waarin SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, oor sy debuutroman gesels. Suzette Myburg gesels oor vier boeke wat haar verlede jaar beïndruk het. Johan Myburg bring hulde aan die Vlaamse digter, Leonard Nolens, en die gewilde Britse skrywers, Joanne Trollope en Sophia Kinsella (’n skuilnaam vir die skrywer Madeleine Wickham) wat almal onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die aanvaardingstoespraak van die Nobelpryswenner, László Krasznahorkai, die gewildheid van gruwelfiksie as genre, en nuwe internasionale publikasies vir 2026.

Woensdag 14 Januarie

Gerda Taljaard gesels oor haar roman, Die grafdigter. Johan Myburg vertel meer oor die Jaipur-letterkundefees, vanjaar se International Bookerprys, en Elif Shafak se aanwysing as president van die Royal Society of Literature. Daar is ook twee bydraes oor verskillende skryfskole wat vanjaar aangebied word.

Woensdag 21 Januarie

Ilse Salzwedel gesels met die veelsydige skrywer, Francois Bloemhof, oor Spooksoeker, ’n televisiereeks vir tieners wat gebasseer is op drie van sy boeke, die waarde van lees vir kinders en jongmense, en ’n nuwe roman gebaseer op die baie gewilde TV-reeks, Een keer om die son. Jy kan ook die drie skrywers ontmoet wat aangewys is as naaswenner en gesamentlike naaswenners in vanjaar se RSG-radiodramaskryfkompetisie. Johan Myburg vertel meer oor twee onlangse voorvalle van sensuur in die kunste wat groot teenkanting ontlok het, en hy vertel meer oor Dav Pilkey en die belangrike boodskap wat hy het vir kinders wat sukkel om te lees.

Woensdag 28 Januarie

Geskiedkundige Karen Horn vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar boek, In Enemy Hands, waarin sy die verhale vertel van ’n klomp Suid-Afrikaanse krygsgevangenes wat in die Tweede Wêreldoorlog gevange geneem is. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Nero-prys vir fiksie, en die wenner van die T.S. Eliot-prys vir poësie. Jy kan ook meer te wete kom oor die sangeres Dolly Parton se internasionale Imagination Library-boekprojek. En as jy dit oorweeg om in te skryf vir RSG se 2026-radiodramakompetisie, hoor wat se Jana Nortier, wat die derde prys verower het, J.J. Roberts (jong skrywer van die jaar) en Morné Malan, vanjaar se merieteprys-wenner.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 6 Januarie

Ontsnap saam met Sophia van Taak na ’n fantasiewêreld vol mitiese wesens, soos die eenhoring. Van hulle is ook gedroggies wat kinders bang maak – soos die tokkelos, Antjie Somers en Makoemazaan die waterman. Karli Heine is die begeesterde voorleser van dié gedigte.

Dinsdag 13 Januarie

Karli Heine sit die reeks oor legendes en mites voort. Ons luister na ’n paar bekende ballades en voorlesings van gedigte oor eg-Suid-Afrikaanse volkslegendes, soos die heks van Hexriviervallei en die Vlieënde Hollander.

Dinsdag 20 Januarie

Die uitgewer, Naledi, het in 2025 ’n bundel ter ere van die digter Wilma Stockenström gepubliseer met die titel Nogmaals vir die bysiende leser. Dit is ’n sinspeling op Stockenström se debuutversameling, Vir die bysiende leser, wat in 1970 verskyn het. In hierdie nuwe bundel tree ’n stuk of 25 digters in hulle eie verse in gesprek met Wilma se werk. Anrich Herbst en Nicole Holm lees ’n keur van hierdie gedigte voor, tesame met die oorspronklike Stockenström-gedigte wat as die inspirasie daarvoor gedien het.

Dinsdag 27 Januarie

Anrich Herbst en Nicole Holm sit die reeks oor Wilma Stockenström voort. Die uitgewer Naledi het inm 2025 ’n digbundel ter ere van dié 92-jarige digter gepubliseer, waarin ’n stuk of 25 digters verse vir haar geskryf het. Elkeen hierdie gedigte is geskoei op oorspronklike Stockenström-verse. Vat saam die spoor deur dié befaamde digter se werk, én hoor hoe ons jonger digters daarop gereageer het.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

 20 Januarie

Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
Resensent: Janien Linde

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Januarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Helena Hettema oor Journeyman

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Deon Meyer oor Skorpio 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Mandy Meyer oor 40kg lighter 

Onderhoud: Jannes Erasmus gesels met Daniël Lötter oor Waar die lammers nie suip nie 

Resensies: Hierdie digbundels dwing jou om stil te staan

Linette van der Merwe resenseer:

  • Daniel Hugo se bundel, Klinklaar;
  • om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé en
  • Prins deur Ryan Pedro 

Resensies: Wat vroue in verhoudings wil hê

  • Marguerite van Wyk resenseer Emma van Straaten se roman, This immaculate body
  • Nadia de Jongh resenseer Adelaide deur Genevieve Wheeler
  • Olga Krügel resenseer ’n Droomman vir Carmi deur Elize Davies 

Leespret vir kinders so in die laaste stuiptrekkings van die vakansie

  • Danica Gouws resenseer The big bird battle deur Megan Furniss.
  • Karien Labuschagne resenseer My first book of Southern African caterpillars, butterflies and moths deur Steve Woodhall; Ruben Namibië en Cindy deur Pieter Van Zyl.
  • Retha Kotzé resenseer As ’n olifant op jou val deur Jaco Jacobs; The story of Green River deur Holly Webb; As ek jy was deur De Wet Hugo; Die lewe volgens Wim Vermaak en Wim Vermaak maak ’n plan deur William Oosthuizen; Tuimeltrein deur René van Zyl
  • Lana du Plessis resenseer Hoe gril ek nou! Deur François Bloemhof en De Wet Hugo; Die geheim van die bloedsteen en Die profesie van die bloedpêrel deur Antoinette Venter; Speurhond Willem in die Amasone deur Elizabeth Wasserman, en Betsie, Meneer Tier en die blou maan deur Sally Gardner.
  • Nadia de Jongh resenseer Lampie deur Annet Schaap, vertaal deur Zandra Bezuidenhout.

Twee boeke: Is die hunkering om meer te wees haalbaar?

  • Phyllis Green resenseer The warrior deur Christopher Clarey.
  • Jannes Erasmus resenseer Simply more deur Cynthia Erivo. 

Vyf boeke oor goed wat niks in gemeen het nie:

  • Michael Green resenseer Frik de Jager se boek, Storiekos (Op reis na resepte).
  • Colleen Labuschagne resenseer Op die Spoorweg deur David Williams.
  • Anne Marais resenseer Spanje: Reise in ’n palimpsest deur André Pretorius; Stetoskoop 2 deur Heinz Mödler.
  • Olga Krügel resenseer Opgeklim en weer gery deur Dirk van Zyl Smit.

Uittreksel: Skorpio deur Deon Meyer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top