Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud

“Ja, ek het vir Timtom ’n stem gegee, dis waar. Ek wens natuurlik ons kon beter kommunikeer, en ek moes toe maar my verbeel wat ’n kat dink en wonder hoe presies dink hulle sonder (skryf-) taal – daarom juis het ek vir Timtom toe die vaardigheid ‘gegee’ om te kan lees en later selfs te probeer skryf.”