Nuut, alles nuut deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Nuut, alles nuut neem die leser op ’n tweeledige reis deur die Pase. Eerstens is daar ’n nuutskepping in die Afrikaanse digkuns, ’n heptalogie – sewe gedigte van sewe strofes elk – oor dié wat self daar teenwoordig was se emosionele belewenis van die woorde van óf die profete, óf engele, óf Jesus self.”