Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2023

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

5 Januarie

Boekenuus: Antjie Krog 1ste gas van Boeken uit het Huis in Amsterdam

6 Januarie

Profiel: ‘Woord-ghoeroe’ wil ‘skatkamer vir inklusiewe Afrikaans’ skep
Murray la Vita in gesprek met Phillip Louw, nuwe hoofredakteur van die WAT

9 Januarie

Resensie: Bakkes bygewerk en bygereis
Anschen Conradie resenseer Nou’s ons in ons donner in deur C Johan Bakkes

Boekevat: Lees weer Galgut se belofte in ‘The Promise’
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Resensie: O’Farrell waarlik voortreflik
Sonja van der Westhuizen resenseer The Marriage Portrait deur Maggie O’Farrell

Resensie: Dít is wat McCarthy (89) se nuutste romans ons bied
deur Willie Burger

Boekenuus: 1ste onderhoude oor boek: ‘Paleis lek van begin stories oor Meghan uit’

Sterfteberig: Bekroonde skrywer Russell Banks sterf

12 Januarie

Boekenuus: Nuwe boekefees kom in Maart na Simonstad

16 Januarie

Resensie: Neser se Mieke maak mooi
Ilza Roggeband resenseer Weerlig oor Mtwana deur Christien Neser

Boekevat: Taal geil soos papawersaad en pruimkonfyt
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: ‘The Rising Tide’ ’n intens meesleurende storie
Jonathan Amid resenseer The Rising Tide deur Ann Cleeves

Resensie: ‘Klipknoets’ neem Cussons onder die loep
Joan Hambidge resenseer In die klipknoets van haar vuis deur Adriaan Potgieter

17 Januarie

Boeke: ‘Sy kon nie langer uitstel,’ sê Elmarie Dercksen oor debuutroman

18 Januarie

Boeke: Huldigingsbundel oor Petra Müller bekend gestel

21 Januarie

Luisterboek: ‘Middernag’ deur Sidney Gilroy

23 Januarie

Resensie: Trickster-troebadoer skryf heerlike knewel
Danie Marais resenseer The Philosophy of Modern Song deur Bob Dylan

Resensie: Belê gerus in hierdie vlymskerp skrywer
Jonathan Amid resenseer Cult Classic deur Sloane Crosley

Resensie: Om sagter met die self, ander te lewe
Anschen Conradie resenseer The Boy, the Mole, the Fox and the Horse deur Charlie Mackesy

Resensie: Tussen akademiese krimi en ’n psigoanalitiese analise
Joan Hambidge resenseer Vladímír deur Julia May Jonas

24 Januarie

Profiel: ‘Ons is net ons stories’ – Septembir oor sy eerste roman
Sjaka S Septembir in gesprek met Laetitia Pople

Boeke: Dít was ’n plaas se prys, skryf aktrise in debuutroman
AJ Opperman praat met Willemien du Preez oor haar debuutroman, Plaas se prys

29 Januarie

Skryf in vir kans om ongestoord te skryf in stigting se Paulet-huis

30 Januarie

Boekevat: Net Tolstoi kan Tolstoi van die Zoeloes wees
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: ’n Unieke bydrae tot siekte-narratief in SA
Neil Cochrane resenseer Son en suurlemoene deur Frances le Roux

31 Januarie

Sterfteberig: Ingrid Jonker se dogter sterf aan kanker

In memoriam: Jonker se dogter was ‘liefdevol, maar beskadig, soekend na aanvaarding’

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Resensie van bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze

Olé vir die matadors van die howe. ’n Lesersindruk van Slagoffer

Kisduiweltjies en reeksmoordenaars: Into the fire deur Gregg Hurwitz, ’n lesersindruk

Spesmagte tops in Andy McNab se The hunt, ’n lesersindruk

Moerstaāl deur Loit Sōls: ’n resensie

Die geskiedenis word lewendig in Chris Karsten se Op pad na Moormansgat

Terug na ’n plek van gebed, ’n resensie van Die net is gebreek deur Chris van der Merwe

Goed-geskryfde familiedrama, ’n resensie van Uit die donker deur Santie van der Merwe

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk

’n Resensie van The Cedarville shop and the wheelbarrow swap deur Bridget Krone

’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor

’n Dagreis ver deur Zarine Roodt: ’n resensie  

Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie

Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family: ’n resensie

Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts

Gesprek tussen Estelle Kruger en Elias P Nel oor Woordenaars

Vier susters: ’n onderhoud met Gerda Taljaard

Heimwee: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Januarie

Boekuittreksel: ‘Plat lê soos ’n Minora blade’
Die digter Lynthia Julius is aangewys as algehele wenner van die Woordfees-kortverhaalkompetisie vir haar verhaal ‘Plat lê soos ’n Minora blade’.

8 Januarie

Resensie: ‘Inkommers’ lekker leesstof tussen vele beurtkragskofte
Fanie Olivier resenseer Inkommers deur Hans du Plessis

Resensie: Distopiese draakstekery in ‘Antraks’
Joan Hambidge resenseer Antraks deur Piet van Rooyen

Resensie: Lötter laat die spoke weer loop
Trisa Hugo resenseer Gedaantes en gedoentes deur Daniël Lötter

15 Januarie

Resensie: Woordbootjies na Kammaland
Trisa Hugo resenseer Palimpses deur Ilse van Staden

Resensie: Onthutsend briljante donker sprokie oor moederskap
Jonathan Amid resenseer Nagouers deur Saskia de Coster

Resensie: Krygers se kuns bly by jou spook
Bill Nasson resenseer Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog deur Vicky Heunis

22 Januarie

Boeke: Vroegjaar-oes van nuwe boeke

Resensie: ’n Skoorsoekerige soeke na Smuts
Bill Nasson resenseer General Jan Smuts and His First World War in Africa, 1914 – 1917 deur David Brock Katz

29 Januarie 

Boeke: Skrywers lig die sluier op karakters en gebeure in Suid-Afrika

Resensie: ‘Lokval’ maak jag op verwagting
Jonathan Amid resenseer Lokval deur Bettina Wyngaard

Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

3 Januarie

Spreekwoorde en ander segswyses

Enigiemand wat graag hulle taal- en kommunikasievaardigheid wil opskerp, sal hierdie boek geniet en gereeld daarna verwys.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

10 Januarie

Druk speel!

Selfs al laai jy net jou eie selfoonvideo’s op YouTube, Instagram of TikTok, sal jy heelwat leer uit Leon van Nierop se wenke.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

17 Januarie

Moord op Stellenbosch

Die afgelope twintig jaar het vele opspraakwekkende moorde uit die dorp van weelde en wyn die land behoorlik laat gis. Dit is tragiese verhale van jaloesie, wellus, woede, luiheid en gierigheid wat tot die skokverlies van menselewens gelei het.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

24 Januarie

Mont Pelaan, Verkykerskop en Swinburne

Lesers wat ’n belangstelling in kultuurgeskiedenis en interessante staaltjies het, sal hierdie boek terdeë geniet.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

31 Januarie

Leer skryf in Afrikaans

Om te skryf wys jou aan die hand van voorbeelde hoe om knap skryfwerk te lewer. En al wil jy dalk nie noodwendig leer om beter te skryf nie, kan jy jou steeds verlustig in die baie goeie prosa hierin.

Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

20 Januarie

’n  Nuwe waardering vir Koos Doep as digter
deur Natasha Harmse

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

6 Januarie

Deborah Steinmair: Donker, dodelik, disfunksioneel en droë humor: boeke vir die strandhanddoek
Louis Gaigher: Elizabeth Hardwick se biografie – die tekstuur van ’n vriendskap
Kerneels Breytenbach: Boeke is die heel beste geskenke
Deborah Steinmair: Apartheid: ’n Spookledemaat wat bly pyn

13 Januarie

Deborah Steinmair: Om die bos gebamboozle
Kerneels Breytenbach: Die Januarie-spook pak vir Kerneels beet
Max du Preez: Die fobie oor ‘ontspanningsliteratuur’

20 Januarie

Kerneels Breytenbach: Die Spare-vloermoer en ander publikasies wat lesers aan die praat het
Louis Gaigher: Sy skryf om tussen haar karakters weg te kruip
Deborah Steinmair: Hoekom boei hofdramas ons so?
Deborah Steinmair: Mense-mens met boepens wat skuld en kinders maak

27 Januarie

Joan Hambidge: Sy raak hoenderkop op boeke
Kerneels Breytenbach: Ons smulpaap kies die sappigste oes
Deborah Steinmair: Van ballerinas en hekse

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 4 Januarie  

Chris Karsten vertel die verhaal agter sy nuwe historiese roman, Op pad na Moormansgat, wat handel oor Billy Foster en generaal Koos de la Rey. Johan Myburg gesels oor nuwe internasionale romans, en die veertigste Asterix-boek wat vanjaar verskyn. Hy kyk ook watter skrywers 100 jaar gelede in die nuus was. As jy vanjaar wil erns maak van jou eie roman, maak seker jy luister na Ilse se onderhoud met ouduitgewer en bekroonde skrywer Frederik de Jager oor die skryfskole wat hy saam met ander bekroonde skrywers aanbied.

Woensdag 11 Januarie

Ons bring hulde aan die skrywer, dramaturg en digter Dolf van Niekerk, wat op Oujaarsdag 2022 oorlede is. Hy was een van die veelsydigste woordmense in Afrikaans met verskeie romans, kortverhale, radiodramas en digbundels op sy kerfstok. Van Niekerk het ook ’n groot aandeel gehad in die sukses van Afrikaanse radio. Jy kan luister na ’n dokumentêr wat Ina Strydom in 2019 saamgestel het ter viering van sy 90e verjaarsdag. In sy internasionale insetsel bring Johan Myburg hulde aan die Britse skrywer Fay Weldon. Hy vertel meer oor die Skotse digter Robert Burns se verjaarsdagvieringe, en bespreek twee boeke vir leunstoelreisigers.

Woensdag 18 Januarie

Ilse Salzwedel gesels met prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg. Sy is die redakteur van ’n huldigingsbundel oor die digter en skrywer Petra Müller, getiteld ’n Huldiging: Petra Müller, Die skerpgevylde oomblik. Jy kan ook luister na ’n argiefonderhoud waarin Margot Luyt met Müller oor haar digkuns gesels. Johan Myburg het internasionale nuus oor internasionale niefiksie topverkopers, en hy bring hulde aan die skrywer Russel Banks, wat onlangs oorlede is.

Woensdag 25 Januarie

Karen Jennings, ’n skrywer van Kaapstad wie se roman An Island in 2022 vir die gesogte Bookerprys benoem is, gesels met Ilse Salzwedel. Ilse gesels met Annelien van Basten van Skryfnet oor hulle aanlynskryfskole. Johan Myburg gesels oor Bloodbath Nation, ’n nuwe niefiksieboek wat die VSA se beheptheid met en problematiek oor vuurwapens ontleed. Hy vertel ook meer oor die wenner van Brittanje se Goue Medalje vir poësie, Selima Hill, en Anthony Joseph, die wenner van die gesogte TS Elliot-prys vir poësie in Brittanje.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 3 Januarie

Sophia van Taak en die voorleser, Marion Holm, blaai deur ’n paar bundels om te sien wat ons digters oor die ou- én nuwejaar te skryf gehad het.

Dinsdag 10 Januarie

Ons gesels oor Eugene Marais se lewe, luister na Wessel Pretorius se voorlesings van sy gedigte, en ook na ’n paar toonsettings van sy werk.

Dinsdag 24 Januarie

Dean Balie lees ons lekker bang! Die program is propvol gedigte oor spoke, dierasies en dinge wat jou in die donker bekruip. Skakel in… ás jy dapper voel!

Dinsdag 31 Januarie

Skakel in vir ’n tweede skoot groot skrik, wanneer ons na nóg van Dean Balie se voorlesings van gedigte oor spoke en ander grieselrige gedaantes luister. Laasweek het ons die grootmense banggepraat; vanaand is dit die kinders se beurt.

Boekkeuse

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.

3 Januarie

Antjie Krog se voorlesings uit haar bundel Plunder word met toestemming herhaal. Sy lees ook uit haar en Ingrid de Kok se kinderboek, Vetplantfeetjies, voor. Joan Hambidge bespreek Piet van Rooyen se roman, Antraks. Daar is’n huldeblyk aan die ontslape digter en skrywer, Henk Rall, asook die gebruiklike kinderboekbydrae en die bespreking van drie romans: Vlam deur Sidney Gilroy, Die geheim van Musolini se kaart deur Constant van der Merwe en Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard.

17 Januarie

Marieta Nel, samesteller van bundels vir die skolemark, is die ateljeegas. Daar is besprekings van romans deur Irma Venter, Isa Konrad en Amos van der Westhuizen, ’n unieke voëlboek, P.G. du Plessis se keur uit sy gewilde Koöperasiestories, en die gereelde kinderboekbydrae.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 Januarie

Resensie: Marius Crous resenseer I Wish I’d Said … Vol. 5

7 Januarie

Resensie: Neil Cochrane resenseer Huis van tyd deur Melanie Grobler

SARIE / sarie.com

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Mei verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Resensie: Phyllis Green resenseer Jen Thorpe se boek, Adulting 101 en Linda Shaw se boek, Horoscope Hotties

Resensie: Phyllis Green resenseer Faf du Plessis se outobiografie, Faf

4 resensies in een storie:

  • Susan Puren oor Willemien du Preez se roman, Plaas se Prys;
  • Antoinique van Staden oor Ena Jansen se vertaling van Maria Dermoût se Die tienduisend dinge;
  • Gert Venter oor William Lottering se roman, Emigrant immigrant; en
  • Alida Vos oor Fanie Olivier se vertaling van Erwin Mortier se roman, Wanneer gode slaap

Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Chris Karsten oor sy roman, Op pad na Moormansgat

Onderhoud: Phyllis Green praat met Sophia Kapp oor haar roman, Heimwee

Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met François Loots oor sy roman, Die Kapokdokter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top