Kommentaar

Elders gesien: Randall van den Heever is oorlede

Ivan Kortje 2024-12-09 Randall was 'n intellek in eie reg. Iemand wat nie hoef skaam te wees oor sy bydrae tot onderwys en die bevrydingstryd nie.

Repliek: Om aan te kondig dat ek my intussen bekeer het

Petra Pienaar-Nel 2024-12-09 Dankie vir u skrywe, mnr. Botha. Ek staan beskaamd oor my onnodige bitsigheid. Dit was maar net een van dáái dae. Ek belowe om nie weer so lelik te wees nie. Sterkte en voorspoed met u boek.

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Maryna Blomerus 2024-12-09 https://www.litnet.co.za/kunsmatige-intelligensie-en-die-dekolonialisering-van-onderwys-in-suid-afrika/ Ek het die artikel vir LitNet geskryf met die oortuiging dat KI kreatief gebruik kan word om ons uit die hoek te kry waarin ons onsself geverf het.

Repliek: Om aan te kondig dat ek my intussen bekeer het

Charles J Fourie 2024-12-09 Ek is bly om te sien jy skryf weer innie publieke oog, MC. Ek kannie wag om Dienaar van die Waarheid te lees nie – dankie.

In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is

Ronald Witte 2024-12-09 Ek is een van daardie gelowiges wat lankal nie meer kerk toe gaan nie. Dalk is huiskerk 'n opsie, maar waar begin 'n mens?

In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is

Liana 2024-12-09 Ek het al drie artikels gelees en dit interessant gevind. Dit laat mens dink. Dis 'n taai een die. Ek sal dit in my kop moet rondrol.

In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is

Anita Stander 2024-12-09 Baie stof tot nadenke! Mens het regtig nodig om vanuit alle hoeke hierna te kyk. Dankie vir die insigvolle artikel.

Pasverskyn: Dienaar van die waarheid deur MC Botha

Izak de Vries 2024-12-09 Botha se repliek is hier te lese: https://www.litnet.co.za/repliek-om-aan-te-kondig-dat-ek-my-intussen-bekeer-het/

Johann Kinghorn: ’n huldeblyk

Johan Buitendag 2024-12-09 Wat 'n aangrypende eulogie oor die lewe en werk van Johann Kinghorn! Die verskillende perspektiewe bied 'n heerlike versnit van diepsinnigheid en meelewing. Baie dankie aan die outeurs wat reflektief-eksistensieel met Johann se nalatenskap omgegaan het en

Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans

DAAN WISSING 2024-12-09 Baie dankie, uitstekende uitgewerswerk, van voor tot agter.

Fotobeeld van die 2024-Gesamentlike Byeenkoms van Pretoriase Leeskringe: 83 nie uit nie!

Marie Weidemann 2024-12-08 Pragtige foto's. Baie dankie. Dit was heel besonders. Dankie Johan en Gertina.

The greatest Springboks over the last 30 years

Werner 2024-12-08 Kolskoot met meeste keuses, behalwe vir die senters. Jean De Villiers en Jaque Fourie was ongetwyfeld ons beste senterpaar.

’n Ode vir Sang-Heung Lee

Susan Vorster 2024-12-08 Ek het lank geneem om hierdie gedig van jou te lees, Cas. Dit was die wag werd. Al wat kortkom op hierdie oomblik is om die klanke wat ek raaklees hier te gaan soek en ook te hoor. Puik!

Skeppingsprag

Anita van der Walt 2024-12-07 Baie dankie, Mich 🌻

Op dees aarde: Die Taung-kind – hoe hy die mens verander het

Eusebius Saayman 2024-12-07 Baie insiggewend. Kom ons hou die debat lewendig.

Die “granietvoetspore” van die wêreld met besondere verwysing na die voetspoor digby die Mpuluzi in Mpumalanga

Willem de Klerk 2024-12-07 Baie dankie vir die inligting. Ek beplan om hopelik in 2025 die voetspoor te kom besigtig.

Herinneringe aan my oom Breyten

Jean Lombard 2024-12-07 Baie dankie Anna-Karien! Jou inset dra op 'n ander manier by. Ek het jou eenkeer by 'n Eisteddfod in Grahamstad ontmoet toe ek daar was met my skoolspan. Ek het jou pa Quentin geken. Hy was op 'n tyd ons bibliotekaris op Adelaide. Breyten staan vir my uit

Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies

Jean Lombard 2024-12-07 Ongelooflike talentvolle individu, vegter vir die morele en teenstander van onderdrukking. So jammer dat hy sy rusplek buite sy geboorteland sou vind. Baie insiggewende artikel. Sy voetspoor bly lank na sy asem.

koedoes

ryno 2024-12-07 Sal graag wil hoor wat bedoel hy met 'die gewelf ontglip'?

Die leuen waardeur ons die waarheid praat

Monica Hammes 2024-12-06 Pieter, ek kan nou nie eens meer onthou of mens veels geluk sê by 'n intreerede nie, maar volstaan dan met baie dankie vir die prikkelende storie vol pitkos waaroor mens lank en lekker kan gesels met die regte mense. Ek is veral verras deur jou ervaring

Die leuen waardeur ons die waarheid praat

Trisa Hugo 2024-12-06 Wat 'n uitstekende artikel! Ironies ook dat dit Vader Gary is wat gesê het: “Miskien was die doel van jou besoek nie dat jy haar sou aanraak nie, maar eerder dat sy jou sou aanraak.”

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Toeks, dankie dat jy kom lees het, ek waardeer jou woorde.

Om Breyten te begrawe

Adrie van Eeden 2024-12-06 Baie dankie vir die eerstehandse weergee en veral die foto's wat ons, wat noodgedwonge kubervoyeurs was, beter kon laat meeleef aan BB se laaste groet. Ek het twee gedigte ná die diens as afskeidsgedigte geskryf met soortgelyke strekkings, maar jou skryw

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Liewe Debbie, dankie vir die lees. Ja my ma en jou ma, die twee susters, wat tot diep in die nag gesels het -- tot die kerse uitgebrand was. Mag ons hulle stories onthou.

Dinsdag met Ma

Toekie 2024-12-06 Soos altyd so mooi geskryf. Wat 'n fantastiese talent.

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Dankie, liewe Vanessa. Ja, in al die stadia van Ouma se oudword was liefde 'n behoudende faktor. Die dieper kyk, beslis. Hoe gelukkig is ons om haar te mag hê. Ek waardeer dit dat jy tyd gemaak het om hier te kom lees.

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Dankie vir die lees, Kas. Wees dankbaar vir daardie goeie gene en jou flink verstand; ek waardeer jou terugvoer soos altyd.

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Baie dankie dat jy altyd tyd maak om te kom lees, Lieb. Waardeer jou woorde.

Dinsdag met Ma

Celesté 2024-12-06 Baie dankie vir die plasing, LitNet.

My kennismaking met Breyten Breytenbach, die maer man met die groen trui

Eben Venter 2024-12-06 Net wonderlik. En ewe wonderlike foto’s.

Persverklaring: Huldeblyk aan Breyten Breytenbach – NB-Uitgewers

Riette Hugo 2024-12-06 Ek en so ’n klomp ander Breyten-liefhebbers hou môre ons eie huldiging aan hom - met Pampoenkoekies en Pampoen en Garnaalsop en voorlesings van sy gedigte en ander skryfsels. Hy kon emosies in woorde omsit wat ons sal onthou.

Dinsdag met Ma

Debbie Hewitt 2024-12-05 Pragtig en uit die hart. Daardie stories is so kosbaar en bly altyd in ons gedagtes.

Dinsdag met Ma

Vanessa Batt 2024-12-05 Uit die siel, net soos my Tannie Celesté dit kan verwoord. Dit lê my na aan die hart, want dit handel oor my Ouma Rita, met die mooiste blou oë wat tot in jou siel kyk. So is ons almal verganklik en dit bly 'n realiteit.

Om Breyten te begrawe

Melanie Grobler 2024-12-05 Vir Breyten. Die fynbos koninkryk waarin ek bly, bloed disas, duikertjies en pers duif, ystervarke, ook die gedig van voeltjies van verganklikheid, sien sterstof op hange van die grys verbrande Grootberg.

Visserman

Zebulon Kochk 2024-12-05 Baie dankie, Danie, ek hou baie van jou kommentaar.

Bittersoet huispad

Zebulon Kochk 2024-12-05 Liewe Digter Marie, jou interpretasie is ook reg, maar in die geval is die persoon vermink. Dankie vir die lees.

Dinsdag met Ma

Kas Smit 2024-12-05 Dit is pragtig, Celesté. Ek kan daarmee identifiseer, want ek is self al 87. Gelukkig is ek baie gesond, fisies en psigies, maar my tyd kom.

Dinsdag met Ma

Wm liebenberg 2024-12-05 Pragtig verwoord.

Fresh off the press: 21 Voices from Israel and South Africa by Marthie Momberg

Marthie Momberg 2024-12-05 Pieter, die hersiene uitgawe van 21 Voices het pas by Naledi verskyn. Ek het die titel effens verander. Dis nou: 21 Voices: Why the Palestinian Struggle is a Global Matter. In hierdie opgedateerde weergawe reflekteer ek in die laaste gedeelte wel op 'n m

Die leuen waardeur ons die waarheid praat

Eleanor 2024-12-05 Elke maand koop ek trollies vol proviand, skoonmaakmiddels en lekkernye by die naaste groot handelaar. Die motorwag help my om die trollie te stoot, die ware in my motor te laai, my veilig uit die parkeer area te lei, glimlaggend groetewense vir 'n lekker
Top