Kobus Galloway se boeke ’n Wolf in skaapsklere en Net die oortjies van die seekoei bied uitstekende materiaal vir onderwysers om kreatief met lesse, toetse en vraestelle om te gaan. Dié boeke bevat illustrasies van Afrikaanse idiome en uitdrukkings. Kreatiewe onderwysers in enige vakgebied wat hul onderrigmateriaal interessant en prikkelend vir leerders wil aanbied, het in Galloway se boeke ’n onuitputlike bron van materiaal vir geïntegreerde oefeninge.
LitNet het Lee-Ann West gevra om wiskunde-oefeninge en -antwoorde gebaseer op Kobus Galloway se illustrasie van die idioom “Dit reën katte en honde” op te stel.
Laai die wiskunde-oefening (met vyftien vrae) en die memorandum hier af:
Lees ook:
Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway




Kommentaar
Dis baie oulik, kinders sukkel met woordsomme en hierdie is baie kreatief en relevant.
Ek is nie ’n onderwyseres nie, maar neer reën??? Is dit ’n taalles? Geen pote sal in die lug wees, na bo wys, as mens praat van in die lug wees nie. Klink na: "ek gaan julle lekker uitvang!"… of waarom maklik as die moeilik kan?
Wiskunde, graad 4.
Hallo! As jy op soek is na nog inligting om voor te berei, kan jy LitNet se indeks van vraestelle besoek: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/ Blaai daardeur om te sien wat alles hier gelaai is. Kyk by die graad se inhoud en klik op die skakels om die vraestelle en memo's gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nog inhoud by. Groete en sterkte met die voorbereiding. Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder