
Voorblad van die boek: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9781776073108
Is jou kind in graad 1, 2 of 3 en neem hulle Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die skool? Best Books, ’n druknaam van NB-Uitgewers, deel hierdie week gratis oefeninge uit hul werkboeke om vir LitNet-lesers ’n voorsmaak te gee van wat hulle in hierdie boeke kan aantref.
Die werkboeke is ontwikkel volgens die vereistes van die kurrikulum (KABV).
Aandag word gegee aan woordeskat wat die kind hardop moet herhaal sodat dat die kind teen die einde van die grondslagfase vlot kan praat en leesstof in Afrikaans kan lees. Die werkvelle en oefenbladsye, wat die kind saam met die praatwerk moet doen, bied geleentheid vir inoefening en inskerping. Die inhoudsopgawe dui duidelik aan wanneer aktiwiteite voltooi moet word.
Klik hier om die Graad 1-oefeninge gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die Graad 2-oefeninge gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die Graad 3-oefeninge gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:
New from Best Books: New All-In-One Grade 2 Fun with English First Additional Language Workbook
Nuut by Best Books: Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboek
Nuut by Best Books: Nuwe Alles-In-Een Graad 2 Pret met Afrikaans Eerste Addisionele Taal-werkboek


Kommentaar
Anything as wonderful as this in English, perhaps?
Hi there, thank you for your enquiry. There are similar books available in English; please see the publisher's website: https://www.nb.co.za/school/single. Best wishes, Naomi Meyer, senior content manager
Baie dankie.
Goeiemiddag! Hoop jy kan my help, asb. My kinders was in Meerhofskool in Harties, 2021. Na inperking het ons gesien dat my kinders trauma beleef het by die skool, ons sukkel nou nog om hulle op standaard te kry. Het jy 'n video van graad 3-wiskunde, asb? My kinders is 13 en 14 jaar oud. As jy oudio ook het, sal dit help. Ek is siek in die bed. Het op kurrikulum nukleus-onderwys gedoen. Maar help nie. Asb, as jy raad het.
Hallo. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied en ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Daar is ook video's op die lys. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en gebruik wat nodig is om met voorbereiding en hersiening te help. Dit is gratis beskikbaar. Voorspoed en sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Baie dankie.
Stel belang in Graad 3-leermateriaal. Assessering en antwoorde asb.
Hallo! As jy op soek is na nog inligting om voor te berei, kan jy LitNet se indeks van vraestelle besoek: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/ Blaai daardeur om te sien wat alles hier gelaai is. Kyk by die graad se inhoud en klik op die skakels om die vraestelle en memo's gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nog inhoud by. Groete en sterkte met die voorbereiding. Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Volg die Graad 1-, 2- en 3-boeke dieselfde temas?
Ek sal graag gr 1, 2 en 3 se beskikbare boeke almal wil ontvang aangesien ek die genoemde grade in my klas het. Dis 'n English based skool en ek bied die vakke Engels Ht, Afrikaans FAL, Wiskunde en Life Skills aan.
Goeiedag! Hierdie boeke sal jy op die uitgewer se webwerf moet bestel, of by 'n boekwinkel daarvoor moet gaan soek. LitNet het toestemming gekry om 'n paar oefeninge uit die boeke te publiseer. LitNet het ook heelwat gratis hersieningsvraestelle en memoranda wat alles beskikbaar is op hierdie indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai deur die lys om te sien wat beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF af te laai. Voorspoed met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder