Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2010-05-31
Ons reis om Afrika verloop nog volgens plan en ons het tot by die grens tussen Angola en die DRK gevorder. Afrika en sy grille het ons hiér die eerste keer voluit getref. ...
LitNet2010-05-28
Met Wêreldbekerkoors wat tans hoog loop, het ek dit goed gedink om aan die pret te begin deelneem en ‘n ou geldjie hier en daar te verwed. My raaiskoot oor die span wat eerste besteel gaan word was ongelukkig nie in die kol nie (ek het ...
LitNet2010-05-28
Hier in Oesterland dwaal 'n paar siele rond wat, wel, nie heeldag al die varke in die hok het nie. Goeie, skadelose mense wat nooit 'n vlieg skade sal doen nie. Wel, buiten Hansie, as jy hom opstook. Hy loop altoos met sy een arm in die lug en ...
LitNet2010-05-28
as my sonne my nie helemal ontsien, as’k weet lat Mens beterder (kan) verdien, as Allah se Wet, Wetenskaplik, Mens se Maatstaf is, hoekom ís Mens, nou, Millennium Drie, Dekade 201, nà noggie van’t, alles wat m’t ...
LitNet2010-05-27
Ek luister die Hilux-advertensie so en mens moet tog soms saamstem, hehe, dat dit moeilik is om 'n Hilux te breek. En toe dink ek aan 'n paar stories wat mense vertel het. So vertel oom Gustav vir my dat hy een aand toe die manne bietjie meer as ...
LitNet2010-05-26
Soos gesê, Hans het 'n anderste manier met vroue werk. Hy is, om dit in kort te stel, 'n vark waar dit die beter spesie aan betref. Want sy vroue moet ken van werk. Soos sy kinders en werkers en, wel alles op sy werf. Daar is verskeie ...
LitNet2010-05-25
Alhoewel ek verlede week gekla het oor die tekort aan rugbykaartjies vir die Super 14 semi-finaal by die Orlando-stadion, kon ek na baie moeite daarin slaag om wel vier kaartjies in die hande te kry. Ek bly sowat twintig minute van die stadion, ...
LitNet2010-05-24
Ek kan onthou as kind hoe daar met osse geploeg is. Herre, die tyd staan nie stil nie.
Nou, die inspan-storie is nogal ‘n gedoente as jy nie WEET nie. Jy draai nie ‘n sleutel nie. Jy moet ...
LitNet2010-05-23
Soos gesê, Hans is nie sag op die vrouens in sy lewe nie. Sy kinders moes van kleins af leer om hard te werk, en as ek hulle vandag beskou dan dink ek tog dat Hans tog 'n punt beet het. Die ergste wat hul oorgekom het was eelte op hul hanne. ...
LitNet2010-05-22
Afrikaans het hierdie week 'n groot digter verloor: Vernie Plaatjies, 47, gebore op Bredasdorp, gestudeer aan UWK, skoolgehou oralste op die Kaapse Vlakte.
Uit een van sy ongetitelde gedigte, wat ek uit die destydse Die Suid-Afrikaan onthou: hier ...
LitNet2010-05-21
Betty, Dit is nie haar regte naam nie, ek verswyg dit eerder ter wille van haar nagedagtenis en moontlikeoorlewende vriende en familie. Haar ma was Sjinees en volgens wat ek gehoor het was haar pa 'n kleurling, maar dit is nie seker nie ...
LitNet2010-05-21Of die ou met die hoed? Nie? Wel, Dolf het vir Oom Tas goed geken. Sover ek weet die enigste vyf liter glaskan steeds op die mark.
Baie goed om die waarheid te sê. Of moet ek sê: Te goed? En enigiets met 'n "te" aan buiten te voet en te ...
LitNet2010-05-19
Ek hou van koffie. Gewone koffie. Sonder aanmaakselgeure of fieterjasies. Egte regte koffie. My vrind Andries maak lekker koffie in sy koffieshop. Maar dis nie my koffie nie. Ek soek van my eie. Ek is soortvan besitlik in die rigting.
...
LitNet2010-05-18
Ek beskou myself as ‘n evolusionêre Afrikaner, murg en been (let wel, nie revolusionêr nie). Ek het al die nodige behore wat van my ‘n stoere boer(vrou) maak. My oupagrootjies was gerekende manne onder die Boere, en ek ...
LitNet2010-05-17
Hans Julies. Harde bakleier, harde werker, nog harder werkgewer en, wel, nie so sag op sy vrouens nie, maar dis 'n ander storie op sy eie. Hans het nie gister geleer hoe om met 'n Stihl of Haskie of ander kettingsaag te werk nie. Hy is gebore om ...
LitNet2010-05-14
Dis mos iets wat ons moderne mense nie meer doen nie. Of doen ons dit dalk net waar almal nie kan sien nie? Nie dat dit iets is om op te roem nie. Dikwels ...
LitNet2010-05-14
al issit Athlone-tweelingtorings, al issit Satan, bergman met horings, al issit kolonialisme, slaaftyd, apartheid, pejorativeer-, diskrimineer-mentaliteit, superioriteit, korruptheid se phêla-tyd sal ons nog baie lank onthou, miskien nie ...
LitNet2010-05-14
Eendag was daar (oukei, lank gelede) ‘n baie goeie koning. Die koning was baie lief vir sy hele volk. Sy onderdane het hy ook altyd met respek behandel. Tog was hy streng met diegene wat die wette oortree het. Die oortreders se straf was ...
LitNet2010-05-13
Ek is 'n bekeerde waar dit die vrou aan betref. Hulle is my godsdiens. Herre, is daar op hierdie aarde iets mooier? Wel, 'n Boeing 747 wat opstyg kom naby ... naaaaa, ek lieg, niks kom by 'n vrou nie. Gaan dit deur as afgodediens? Dan sien ek uit ...
LitNet2010-05-12
Ek wonder altyd: wanneer is vloek vloek, en wanneer is dit bloot ‘n uitdrukking van gevoel?
Kom ons begin by seker die mees omstrede een: die Engelse “Oh my God.” Alhoewel ek nooit ooit die Here se naam in enige vorm ydel ...