Bokomo-brekfisbrief; 14/06/2010: 2010, Jan Rap

  • 0

Sokker is nie 'n slegte spel nie. Ek gaan verkieslik my gunsteling klubspan noem nie bloot omdat hulle die "underdog" is vir jare lank al.

Ek kan jou beduie wat my vermoede is waarom die wêreldbeker so in mense se kele afgedruk word:

FIFA stap met minstens 25 biljoen rand uit die toernooi uit. Geld wat letterlik saam met Blatter die land gaan uitvlieg.

Iemand moet die onderhoudskoste op die stadions betaal as hierdie grootse gebeurtenis verby is.

Die verskuilde kostes sal dalk nooit bereken word nie eenvoudig omdat enige sodanige ondersoek as "onpatrioties" sal voorkom. Koning Sjaka Intenasionale lughawe se onderhoud is een klein voorbeeld. "Jolkolle"- Stad Kaapstad hoes reeds 38 miljoen Rand en dit is slegs die kostes tot en met die laaste wedstryd.

Ons word gedurig oor en oor vertel oor die voordele, en ek kan met sommige saamstem- Nasiebou (as jy sport moet aanwend om 'n nasie "te bou", wat was ons dan voor die groot skouspele? En het iets soos die Rugby-eindstryd nie veel meer teen veel goedkoper bygedra nie?)

Toerisme, die groot Buzz woord: Die ouens begin reeds syfers maak en die syfers lyk nie goed nie. Kaapstad en omgewing se hotelle se besprekings wissel van 20 % tot nul. Selfs in Fancourt is die enigste gaste die Japannese span. Ironies genoeg is daar minder as 10 000 kaartjies deur die res van Afrika (Gesamentlik!!!) gekoop. Ek en jy, belastingbetaler betaal vir 'n groot persentasie van die kaartjies wat "gekoop" is deur staatsdepartemente, SABC, Eishkom, en hordes ander semi-staatsinstellings.

Natuurlik is dit 'n grootse geleentheid wat die land bekendstel aan die res van die wêreld, wat vir hulle wys dat dit wel in Afrika gedoen kan word. Nou wonder ek sommer, synde hierdie eintlik veronderstel is om nie net Suid-Afrika nie, maar ook Afrika se geleentheid te wees: Hoeveel ander lande in Afrika het een enkele rand bygedra?

Direkte kostes: Selfs Zakumi word in Williams se land vervaardig!!!!! Hoeveel kry FIFA uit die verkope van Zakumi, T-hemde (wow! ook in China vervaardig, bid jou aan!) en derduisende ander produkte? Hoeveel gaan direk na die Chinese toe? En hoeveel kom terug na my land toe?

FIFA betaal nie vir die miljoene plakkate, kennisgewingborde en dergelike materiaal nie. Ek en jy betaal daarvoor.

Gestel 'n miljoen mense kom besoek Suid-Afrika as 'n direkte nagevolg van die 2010 skouspel. Gestel elkeen spandeer R10 000. Inkomste gegenereer? Weeg dit teen die kostes? Weeg dit verder op teen die stadions se direkte kostes EN die afskrywings jaarliks van sulke stadions, en die inkomste regverdig nie eens die oprigting van twee stadions nie. (volgens wet kan die stadions mos oor 'n tydperk afgeskryf word en onderhoud is direk aftrekbaar, dan nie?) Wie hoes en wie "score"? Ek en jy moet hoes, Jan.

Buitendien, met die televisie en hoë-definisie (ek en jy moes hoes vir daardie gereedheid, nie FIFA nie) uitsendings is dit half onsinnig vir iemand in Amerika of Ingeland al die moeite te doen en al die geld te spandeer om hier te kom kyk. Sportstadions die wêreld oor sit reeds met kapasiteit probleme, want mense verkies om tuis of in die plaaslike kroeg te sit en kyk. En weereens koste: Ons wag nog vir die SABC om te verduidelik wat dit die belastingbetaler gekos het vir die voorreg om eksklusiewe regte in Suider-Afrika te verkry. Ek hou egter nie erg duim vas nie.

Ons is tans in hierdie euforie van 'n grootse gebeurtenis asof ons een of ander moerse voorreg geniet. Enige teëspraak of vrae word weggelag met: "Is jy dan nie trots nie?"

Kom ek vertel vir jou wat my inderdaad trots sou maak: As die skouspel in sê maar Williams se land plaasgevind het en Bafana het die trofee gewen teen Spanje en die telling was 3-0. Dit sou my werklik trots gemaak het. Ironies genoeg het einste spelers wat nou my land moet verteenwoordig redelik onlangs gestaak omdat hulle kwansuis te min betaal word. Mense se geheues word duidelik aangetas deur euforie.

Iemand gaan hoes vir hierdie wonderlike geleentheid en ek kan jou sommer nou beduie wie dit gaan wees: Ek en jy. En nou wonder ek, terwyl ek so "negatief" (ek hou van my sokker en ek ondersteun Bafana) klink: Waarom is Afrikaan en Williams nie hier nie? Waarom het hulle sowaar nie eens die moeite gedoen om hierdie grootse geleentheid in persoon te deel nie?

Ek wonder nou wat die grootste nasiebouer sou wees: Bafana wat in Beijing teen alle verwagtings in wen of die "voorreg" om vir FIFA en die groot Amerikaanse maatskappye en Chinese  slawearbeid fabrieke vol te stop? Kyk bv hoe vinnig daai Chinees skielik vir Shakira as nuutste sensasie ontdek. Bloot omdat sy gewaka-waka het? Vreemd, baie vreemd.

Die vreemdste van vreemd egter is die Vuvuzela. Ek sien hulle argumenteer selfs dat dit een of ander oer Afrika-instrument skyn te wees. My goeie fok (jammer vir die Frans): Het ons almal berserk geraak? Wie maak die Vuvuzela wat nou teen R25 stuk verkoop word? Williams se mense vervaardig die goed teen minder as 'n rand per Vuvuzela en ons neem dit sommer aan as die nuutste in Afrika se ryke musiektradisie? WTF? Ewe skielik is 'n Chinees vervaardigde stuk plestiek nou 'n Afrika instrument? FOOOOOOOK!!!!

Ons word ieder geval voorberei dat Bafana nou gaan deurdring. Ek sê: As Bafana in sy huidige vorm meer as drie doele aanteken gedurende hierdie toernooi moet ons beslis begin aandring dat regter King ondersoek instel. Want enigiets waar geld en sommer baie geld betrokke is moet jy rondkyk.

Ek sal vir Bafana skree maar ek sal my geld eerder verwed op Spanje of Brazil of Portugal. Ek en jy sal in elk geval vir die volgende paar jaar hoes, so ons kan netsowel wins probeer maak?

Groete uit Oesterland. Nee, nie Witbank nie.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top