Kreef is mos baie soos die landbewoners met twee bene vir wie ons so lief is. Nee, daai vergelyking is nie vir ordentlike webwerwe nie, hehehe, maar dit het mos te doen met verstand en lekkerte en agterstewe en dergelike lekker goete.
Dikwels as jy kreef wil vang dan retireer daai donner mos so in 'n gat in en soos jy beduie, as hy eers sy gat in 'n gat in het dan gaan jy spook om hom daar uit te kry. Dikwels sit mens mos maar met twee voelers as buit met kreef se kind wat lag, want more het hy bloot nog twee nuwes en jou hanne is steeds seer van die probeer.
En so moet ons mos vir MCM navorsing loop doen al met die kus langs om te sien hoe die beste uit die oseaan-bronne daar uitsien. En MCM stuur toe so 'n kort, mmmmmm, baie sag op die oog dametjie as navorser. Genevieve. Sy moet die opmetings doen en ons beduie. Net jammer niemand let op nie, want ons loop navors al so met die kus langs en soos die dae vorder en die nagte langer raak so raak die manne mos, mmmmm, dorstig. En so raak Genevieve by die dag al mooier. Jy weet, soos hulle destyds beduie het: As daai Ovambo se vrou begin lyk na Margaret Gardner dan moet jy weet dis tyd om States toe te gaan.
Nie dat Genevieve nie sag op die oog was nie. Herre, sy het net mooi presies in daai duikpak gepas ... En sy het altyd gelag, met sulke kuiltjies hier langs die mond. En as die son hoog sit het 'n Zero mos maar 'n manier om mens te laat warm voel en dan is dit tyd dat sy die baadjie oopzip en later uittrek en dit is mos die hoofrede waarom Adam vir Eva ontmoet het, was dit nie?
En so staan ons eendag op 'n lang strand iewers hier aan die kus toe die son begin bak en Genevieve haar baadjie uittrek en ons kan sien waarom haantjies nie handjies het nie. Herre, as daar 'n Liewe Vader is, dan moet ek Hom regtig komplimenteer met Sy handewerk, want met haar het Hy ekstra moeite gedoen!
Maar so staan ek met my baadjie toegezip tot sy later naderstap en uitvra oor die knoppe wat oral uitstaan. Ek wou nog beduie oor die ander knopperigheid (jy sou ook knopperigheid gehad het as sy voor jou gestaan het) toe sy onraad vermoed. Want sien, daai goete met die mooi skulpe wat so lekker is was so volop dat jy basies kon kies en keur. Perlemoen. So onwettig soos 'n warm date met Zuma se nuutste vrou, maar veel, veel lekkerder.
Ek moes toe maar oopzip en toe die dametjie van MCM beskou wat sulke groen slym aan my lyf veroorsaak het toe beduie sy doodkalm: "So, Oyster, we gonna have a braai tonight?" Ken jy van 'n MCM dametjie met sulke kuiltjies hier langs haar pragtige mond? Jy moet die pous wees om nie week te raak nie, man!
Ons het inderdaad lekker gebraai die aand, so met onwettige wettig gevangde (sy het vir MCM gewerk, so dit was soort van wettig) perlemoen daai aand. Ek het nie geëet daarvan nie. Daar was iets veel beter as perlemoen op die spyskaart.
Annerdag kry ek 'n SMS met 'n uitnodiging na 'n groot bruilof innie Kaap. Ek het maar eerder nie gegaan nie.
oester


