Relax, Broe, ek mag nie meer self van die goete geniet soos vroeër nie. Dok T sê dat dit my maagseer laat vererger, so nou moet ons maar rustiger gaan met die goeie goed. Die een siekte wat ons nog moet genees: Ouderdom en dit wat daarmee gepaard gaan, hehehehe. En hier dag ek heel onskuldig dat ons die goete
Ek wetie hoe waar dit is nie, maar die ou mense het ons vertel van die man wat destyds in die wynvat geval het. Nee, ek wetie hoe lank hy gedrink het nie, maar hy het mos vermis geraak. Maande lank gesoek na die man tot selfs die Polieste moed opgegee het en toe maar beduie het dat hy dalkies met 'n nuwe meisie die loop geneem het. En dit het berusting gebring by vir die treurende weduwee.
En so is die wyn verouder en gebottel en toe met die proeslag aangewys as een van die beste en sommer die beste oesjaar boonop terwyl ander wynmakers gewonner het oor hierdie kelder se tegniek en tannien en ander goeters.
En so met die leegtap van die vat kry hulle toe die beendere.
Ek troos my daaraan, as die storie waar moet wees, dat die ou se laaste oomblikke veel beter was as die deursnee outjie s'n.
Maar jy weet, die stokery het ook 'n soort van kinkel. Want jy moet mos proe soos die goete uitdrup. Waarom sal nugter alleen weet, maar dis mos die gebruik. En so beduie Hennie Loopdop vir my terwyl ons so langs die ketel staan en proe van die man wat bly proe het aan die voorwaters. En toe sommer so langs die ketel aan't tiep geraak het.
Grootste fout wat hy gemaak het blykbaar was om na daai wakkerword sy dors te loop les het by die waterkraan. Want, so beduie hulle wat ondervinding het van, dat jy na jou eerste groot sluk se dorsles van voor af dronk is. Nie dat ek self weet nie, ek praat maar wat ek hoor van ( ... ).
Groete uit Oesterland, en geniet, Broe, ek stuur dit aanstons met ietsie uit die beste vanuit die Blou Dam (en te hel met FW wat dink ek koop julle om) saam.
oester


