Bokomo-brekfisbrief; 23/06/2010: Oester se Voete!

  • 0

Oester, ek voel ek KEN vir Voete! Ai! Die stories! Dis wat miskien Afrikaanses onderskei van meeste ander. Ek het baie gereis. Die bleddie wêreld vol en nergens, maar nergens het ek die “storievertel ding” ervaar soos onder Afrikaanssprekendes nie. Die Russe het &srquo;n mate daarvan maar dis gewoonlik redelik morbied of mities. Die Kanadese ken glad nie van nie. Die bekvelder Ozzies probeer maar hulle vertelle handel meesal oor horries. (En jy moet hulle goed olie voor hulle vertel). Die Abo’s se “Dreamtime”-stories verstaan net hulle. (Jy moet ge-olie wees om dit te geniet – en mens sukkel om te verstaan wat die “punt” is.) In Afrika handel die stories meesal oor die verre verlede en bevat meesal “tradisielessies”. Die Oos-Europeërs kan soms, maar jy wil of jou polse sny na die vertelle, of weghol.

Sit 'n paar Afrikaanses bymekaar, Visters, Bosvellers, Jozie-sakemanne, en binne vyf minute huil jy van die lag!

HJ

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top