Ek wonder of daar 'n huis in hierdie land ouer as 60 jaar is wat nie een of ander persoon het wat loop nie.
Ek onthou my huis, voor die vloed van ‘96 gekom het en die bleddie versekering my ou
Maar nou wonder ek, synde ek mossie in die goete glo nie, oor daai vrees vir die spoke en spokery. Hier in my ou huis is verskeie mense al dood. Beginnende by oom Herman wie se "klong" nou welbekend is in kitaarkringe doer bo in
Wat sal 'n man of vrou laat spook? Nee, nie my en daai Chinees se spokery nie en nog minder die spokery soos doerie tyd by die inry as die ligte skielik aangaan nie. Wou die ou nog iets beduie wat ons nodig het? Wil hy vir ons beduie waar daai spul geld is wat hy weggebêre het? Is hy kwaad omdat hy voortydig weggevat is? Wat?
Wat ek wel weet, en nee, ek glo beslis nie aan die bonatuurlike nie, is dat ek met my eie oë gesien het hoe die lampoliepomp vanself begin pomp en presies net een liter uittap. Letterlik weekliks, met so 'n reëlmaat dat mens later nie eens meer oplet nie, gaan die agterdeur in M se Winkel oop en dan slaan iemand hom toe. Nou, jy moet hier wees om dit te beleef, want daai deur is van die ou soort deure wat nooit reggemaak word nie.
Jy weet, soos 'n skreeuende skarnier wat net nooit geolie word nie. Hierdie deur steek vas. Kort nadat jy hom oopgemaak het. Ek moes al die bleddie ding afgehaal het en die onderkant weggeskaaf het, maar hoe anders gaan ek hoor as iemand inkom?
So, ek hou hom maar so soos hy vir die laaste honderd jaar of wat hang.
En net annerdag sit ek en probeer om SARS se papiere en BTW en opgawes en dergelike onnodighede uit te spook toe ek die deur hoor oopgaan, en verder oopgaan, want jy moet die deur druk om deur te kom. En so sit ek en Duifie (Cathleen October) vir mekaar en kyk in afwagting op hierdie ongenooide besoeker wat dan nou van agter af waag om in te kom. By Arthur en die boerboele en ander sekuriteit verby. En jy weet mos daardie kyk: Sal ek loop kyk of gaan jy? En so sit ons toe maar en wag vir die ongenooide.
Tot Duifie later ongeduldig raak en loop kyk.
En toe verseg om later in die stoor in te gaan sonder begeleiding. Want, so beduie sy my erg ernstig: "Hier loop iemand, Oester. Ek het jou mos gesê annerdag toe die brood uitgegooi word die man is onrustig. Hy kannie tot ruste kom nie."
"Dink jy Mavenster loop hierso?"
"Nee, die Oom rus, hy het hard genoeg gewerk, hy het sy rus nodig, gun hom dit."
Ek probeer beduie dat die dood finaal is en dat daar nie nog regkomkanse is nie. Nou verseg Apie (of Arthur dan) om alleen in die stoor te wag. Want, so beduie hy vir my, hy weet al lankal van die ene wat hier ronddwaal en nonsense aanjaag, maar was nie seker oor sy vermoedens nie. Tot Duifie met die storie gekom het.
En toe wonder ek oor Mavenster (hy is ook van hier af weg) se feitlik laaste woorde aan Apie: "Jy moet seker maak dinge loop reg, want ek gaan jou bekyk van my venster af en as ek nie by die venster is nie moet jy net opkyk na die koppie se kant af, want jy sal sien dat ek kan sien as julle aanjaag hier op my werf". Ek sweer, as Apie iewers aangejaag het (hy hou nogal van daai mooier mense, daai mense wat ons vroumense noem) dan bekyk hy eers die venster waar Mavenster in sy laaste dae gesit het en as dit nie help nie dan kyk hy op na die koppie doer by waterwerke se kant toe. Of nog erger: As Apie net skramsweg vermoed dat ek nie die regte besluit neem (herre, moet mens sakebesluite so neem?) nie dan is hy gou om te beduie: "Jy klas nou nie die goed reg nie" of "dink jy dit is die regte besluit?" of "nee, donner, hierdie hout is nie reg nie, dis groenbas hierdie. Jaag die skelm weg, hy probeer net geld maak."
En dan besluit ons maar so dat dit almal tevrede stel.
oester


