meeste van ons leef heeltemal te g'maklik,
swembad, strandhuis, viertrektuig, 't lot,
gee meer as tien persent, present aan God,
oor eise van demokrasie-ekonomie so inskiklik
as ons maa' net sagkens woekieswakke' ka' skrik,
lat ons nie almiskie Self verbrysel, aan stukke trap,
aaire 'n einde breng aan ultra-onkunde-ontkennerskap,
geskiedenis van Homo Sapiens uit vergetelheid ontruk
aaire erken lat Sy Troon, Mooi, bowe allie anne' pryk,
Sy Opreg Geregtigheid bo-Natuurlik, -Menslik bekoor,
Kind Waarheid begint voortbring, Nuwe Pryslied leer sing
hoewel Utopia noggie naastenby soos 'n Paradys wil lyk,
al het ons 'n groot stuk Gewete hier op dees Aard' verloor,
's darem nog daar, so waar, heropwekking van herinnering
Jacobus Faasen


