Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2010-07-07
"Jan" was maar nog altyd 'n willewragtag. Hardekwas bliksem wat hom deur niks en niemand laat vertel nie. Dis nie dat hy so hard grootgeword het nie, dit het dalk, of so sê sy portuur, meer te doen met die feit dat hy die jongste van die 11 ...
LitNet2010-07-06
Sjoe, dit laat mens onwillekeurig terugdink, hierdie briewe van julle. En dis waar, niks kom ooit, ooit weer by die passie van ‘n eerste liefde nie. Daardie tot-oor-jou-ore-toe verliefdheid is verslawend, en die heel lekkerste gevoel op ...
LitNet2010-07-06
Eish, jy maak lat 'n mens nou weer terugverlang. Ver terug. Elsabe. Tot vandag naas my dogter die mooiste, mooiste mens wat ooit hierdie aarde bewandel het. Wel, ek raak dikwels deurmekaar met die mooigeit maar haar mooi was iets besonders. Ons ...
LitNet2010-07-02
Hi Maya, Ek het jou briefgeniet, dis natuurlik sooo waar. Ek onthou nog baie goed toe 'n goeie vriendin my vertel het van Simply Slim en hoe fantasties dit is. 'n Kollega het dit dadelik beaam. En al wat bygedra het tot hul kennis is die ...
LitNet2010-07-02
Rondom doodgerypte gras skiet paddastoele op Hul glinsterende vierkantskolle afgeëts teen die grysgrou stamme en hier in feesirkel speel 'n kindjie stil Of slaap diep 'n donker mens met woorde oor 'n koue lyf gevou Maar sou die feetjies ...
LitNet2010-07-02
My seun vertel dikwels dat daar nie so iets soos toeval is nie. Of dit toeval is of nie, maak nie saak nie. En ek gee ook nie om as iemand my ‘n naam gee omdat ek maklik met mense al is hulle vreemd begin praat nie. Dis mos lekker om met ...
LitNet2010-07-01
Ek dink daar’s seker nooit weer so ‘n emosionele storm wat in jou binne-verwante woed soos wanneer daai eerste liefde jou inevitably verneuk met ‘n ander rokdraertjie nie. Ek onthou nog myne. Ek was so 15 en in standerd 9 (ja-ja ....
LitNet2010-06-30
Hennie Loopdop is die enigste persoon wat ek toe oë met enige enjin vertrou. Hy het daardie, mmmmmmmm, gevoel vir 'n enjin. So asof die een vir die ander gemaak is. Dikwels het ek hom al langs 'n motor sien staan wat die gees gegee het en dan ...
LitNet2010-06-29
Ek lees oom Daan se brief oor die geel vingers en toe val iets my by oor my prille jeug. My oorle ma het altyd gesê, meng jou met die semels en die varke vreet jou. Ek glo deesdae, lê saam met die honde en die vlooie vreet jou. Ek is ...
LitNet2010-06-28
Soos mens die manewales en die dinge van onse mense gadeslaan, kan jy net …
“Onse Mense”, dis nou breedweg die klomp wat van huis uit ongeveer Afrikaans is. Die vet weet, ek gaan nie (NIE!) hier redekawel oor die wese van die ...
LitNet2010-06-25
Hier is vir jou ‘n nuwe weergawe van ‘n ou grappie (wat ek alhier geplaas het).
Fransie Willemse besoek die dokter en kla dat sy vuvuzelatjie van kleur te verander. Die dokter is uiteraard verbaas om van só ‘n ...
LitNet2010-06-25
O Heilig Skepper, Vader, God, Almagtig, U Bestaan word, so Wragtig, ontken, bevraagteken, beswadder, bespot, kanti, teen Duiwelspiek, -kloof, -hoek, -poort, Hel se hoogte, Sielwenner Satan, het sý dissipels, verduiwels, sowaar g’n ...
LitNet2010-06-25
380. Naas die 039 seker die beste masjien naas goete soos mnr Benz en Toyota en 'n Lister en 'n paar ander. Wel, ons moet seker 'n Briggs & Stratton ook hier noem, nè? Waar op aarde is daar ...
LitNet2010-06-24
Kameroen is ’n pragtige land en ons het die tydjie in dié land werklik geniet. Ons het van Kribi, vanwaar die laaste e-pos gestuur is, na Limbe naby berg Kameroen gereis. Dit het verskriklik gereën en ons verstaan dat Limbe tot ...
LitNet2010-06-23
B is 'n groot man. Met spiere op plekke waar anner manne nie eens plekke het nie. Vloek soos 'n matroos en leef ook so rof soos ene. Selfs die boere is versigtig vir hom. Hy en sy bure is altoos aan't spook oor een of ander onsinnigheid. Tot die ...
LitNet2010-06-22
Oester, ek voel ek KEN vir Voete! Ai! Die stories! Dis wat miskien Afrikaanses onderskei van meeste ander. Ek het baie gereis. Die bleddie wêreld vol en nergens, maar nergens het ek die “storievertel ding” ervaar soos onder ...
LitNet2010-06-21
Ek het nie nodig om te verduidelik wat Voete se probleem was nie. Sommige manne sou hom as geseënd beskou het terwyl die sware las letterlik daagliks moes ronddra. Nou, julle wat Die Witsand ken sal weet dat dit nie net 'n winderige plek is ...
LitNet2010-06-18
Jou skrywes maak hierdie werf die moeite werd om te besoek, HJ. Destyds in Botswana het dit swaar gegaan om 'n beroep te kry. Dis nie dat die gemeente armoedig was nie, dis dalk ...
LitNet2010-06-18
Ons verhuis vanaf die plaas na die dorp. Plaas is verkoop. Die plaas is in die pad van ‘n nuwe pad. Daar is genoeg geld om ‘n dorpshuis te koop. Aan die kant van die dorp. Vir ons kinders verander die lewe nie veel nie. My Pa huur ...
LitNet2010-06-18
Wys my die man wat nog nooit ge "yes dear" of ge "ja, liefie" het nie en ek vreet my hoed op. Hier by my is bv ou "dominee" of "advokaat" of soms "priester" afhangende van ons albei se bui. Regte naam is nie ter sake nie. Wat wel ter sake is, is ...