Bokomo-brekfisbrief; 14/07/2010: in situ scenario

  • 0

soos Univers tans vertoon, uitsien, vir Mens lyk,
as Mens als glo, wat Mens oral sien, ervaar en hoor,
's progressie vinnig, snel, progressief, aan't wegwyk,
só of Mens stryd teen Self-destruksie opsetlik wil v'loor

net sonner Satan is Mens, Menswaardigheid, vry,
vir Millenniums al, Almagtig’ UmDali se raad,
gelank Mens nie in Duiwelspieksotheid, vás, bly,
op ontkenning van onkunde hul ewe kordaat verlaat

sal God saam met Mens na Insig bly strewe,
so blyk’t, Duidelik, Woord’liks, uit Sy Boek,
's nou, as Mens’t, skromeloos, Siel-in laat gaan

als 's gedetailleerd, voor't handgeleë, dese saai Lewe,
sal Mens, voortvarend, bly woeker, raai, spied en soek,
sterflingsbes probeer, Geloof, Wetenskap van'T, t'verstaan

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top