Die mense beweer mens kry katte mense en honne mense. Die sielkunde daaragter is nou nie regtig iets wat my aangaan nie. Ek is gek oor katte en hul "nevermind"-houding. Eintlik 'n heel cool houding wat hulle het. Probleem is, as jy sekere soorte honne aanhou dan hou die vrede nie te lank nie. So ons vermy liewer konflik en hou maar eerder nie katte aan nie.
So gee Mavenster en Moeder maar in want jy is reeds hier met die ding en wie
Die stryd was 'n lelike besigheid tot die punt waar kat se kind later homself soort van kon handhaaf op die werf. Want as jy in 'n rowwe buurt bly dan skik jy jou mos daarvolgens en om te oorleef moet jy bloot net nog rowwer wees. En so het hierdie kat en die honne soort van in onvrede geleef tot die punt waar die besigheid net nie meer aangenaam was nie. Want die kat kon nergens heen sonder 'n hele gevolg nie en as kat se kind in 'n boom op is dan was die waghonde (wat in elk geval heeldag net vir hul kos sit of lê en wag) basies net katwagters. Fanatiese spul, Dobermans.
En so beduie Mavenster vir ons dat dinge nou na 'n punt toe moet, en die kat moet 'n behoorlike huis kry waar hy rustig
Uiteindelik daag daar toe sommer uit die bloute iemand op om te kom verneem na hierdie kat wat 'n beter huis soek. Nou, as jy vir Mavenster geken het dan sou jy weet as ek vir jou beduie dat dit nie bloot 'n geval was van sit die kat in 'n boks en hoop vir die beste nie, aikôna. Hy het letterlik 'n onderhoud gevoer om te verneem na die huislike omstandighede en kosse en allerhande goete. Want so was die Ou Man maar oor sy diere en diegene onder sy sorg.
Nie lank daarna nie stap einste Pietie daar by die winkel op Pitsane in en onmiddellik word na die kat se welstand verneem. Byna soos mens uitvra oor familie of ou kennisse.
"Nee, Mavenster, daai kat, hy was lekker gewees!"
Dit was een van die min kere wat ek 'n man blind van woede gesien het.
oester


