Bokomo-brekfisbrief; 05/07/2010: Simply Slim ... vir Maya

  • 0

Hi Maya,

Ek het jou brief geniet, dis natuurlik sooo waar.

Ek onthou nog baie goed toe 'n goeie vriendin my vertel het van Simply Slim en hoe fantasties dit is. 'n Kollega het dit dadelik beaam. En al wat bygedra het tot hul kennis is die baie goeie bemarking van die produk. Ek het dit self bietjie van nader bekyk, genadiglik nie gebruik nie.

En net daarna bars die herrie los. Maar hoede af vir Simply Slim, hulle het met 'n flink sprongetjie teruggespring en 'n nuwe bemarkingstrategie aangewend. Dis nou die NUWE produk, die keer REGTIG natuurlik ens ens.

Gister hol ek gou in by die apteek en daar loop 'n dametjie rond met plakkate vir Simply Slim wat sy oral opsit. En ek wonder by myself wie op hierdie mooi aardbol dom genoeg sal wees om enigiets wat hulle sê te vertrou!

Meeste produkte wat ons gebruik gaan oor die verpakking. Dis so 'n groot veld, daar is 'n ou wat ek ken wat GROOT geld verdien, en sy uitsluitlike werk is om te bepaal hoe produkte se verpakking moet lyk, hoeveel minder 'n tjoklit nog kan weeg voordat verbruikers dit agterkom en waar in die winkel wat moet kom vir maksimum verkope. *sug* en ek sou dit verniet vir hulle kon vertel, vra net vir 'n sesjarige!

O ja, wat ek wou sê van die Simply Slim dametjie, ek het haar so bekyk toe sy die plakkaat opsit en gedink, met daai paar stêrre aan haar sou ek nie juis dink die produk is 'n weghol sukses nie ...

Groetnis,

Aingeal

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top