In die begin van die 1980's, toe ek en my vriend nog gevry het, ry ek met 'n wit Fiat 128. Mense wat die motors van daai jare onthou, sal weet dit was 'n klein, platterige en boksvormige karretjie, nie juis sterk en vinnig nie.
My vriend Ron het toe min of meer al by my ingetrek maar wil graag sy hangkas ook bring en een aand besluit ons om dit te gaan haal met die Fiat. Ons laai toe die hangkas op die dak, bo-op 'n sponsmatras en bind dit goed vas deur die motor se deuropeninge. Die karretjie se deure maak darem nog goed toe, ten spyte van die toue. Gelukkig is daar nie 'n sterk wind wat die Fiat met hangkas en al
So ry ons toe rus-rus, hou kort-kort stil om 'n paar slukke te vat. Ek sorg darem dat ek nie te dronk word nie, een ou moet min of meer by sy positiewe bly, maar Ron lê lekker weg aan die wyn.
Ek wyk af van Kaapweg om met Kragga Kammaweg langs te ry, 'n groot ompad. 'n Entjie verder swaai ek op die
Iewers langs die pad hou ons stil in die stikdonker, ek trek af en ons probeer die wyn klaarmaak. 'n Motor kom van agter verby ons en net 'n paar meter verder swaai hy skielik om en kom op ons afgepeil, hy hou byna teenaan ons stil met sy skerp ligte direk op ons.
'n Manstem skreeu hard:
"Who are you? What are you doing here? Don't try anything, I have my gun on you!
Ek skrik my totaal nugter en laat val amper die wynkan. En ek probeer beleefd verduidelik dat ons net stilgehou het om 'n bietjie wyn te drink. Ek vervoer my vriend se hangkas vir hom, seg ek.
Maar die man is nog nie tevrede nie en eis dat ons uitklim, met ons hande waar hy dit
Die man klim toe self uit en ek sien hy het wel 'n yslike geweer by hom, maar hy klink darem nou vriendeliker. Na ons 'n rukkie gesels het nooi hy ons na sy plaashuis daar naby. Daar skink hy vir ons elkeen 'n brandewyntjie en vertel ons sy storie:
Hy is 'n paar maande tevore deur 'n groep swart mans aangeval, geslaan en toe vasgebind gelaat in die skuur. Hulle het die plek geplunder en hy is eers 'n paar dae later deur 'n werker gevind en losgemaak. Daarna het hy natuurlik baie versigtig en suspisieus geword op vreemde motors in die omgewing, veral as hulle hangkaste op die dak het.
En dit blyk toe verder, heel interessant, hy is die broer van 'n baie bekende politieke kommentator op die Afrikaanse radiostasie, na wie ek gereeld geluister het. Sy van het ek nou ongelukkig vergeet, maar ek verbeel my dit was 'n Engelse van, hoewel hulle Afrikaans gepraat het.
Dit het my 'n tydjie geneem om oor die skok te kom maar ek dink Ron ly nog steeds aan naskok, want hy wil nog nie die wyn los nie.
Groete,
Varkspek


