Hennie Loopdop is die enigste persoon wat ek toe oë met enige enjin vertrou. Hy het daardie, mmmmmmmm, gevoel vir 'n enjin. So asof die een vir die ander gemaak is. Dikwels het ek hom al langs 'n motor sien staan wat die gees gegee het en dan het hy die eienaar beduie: "Start hom gou" en binne (letterlik) sekondes: "Sit maar af."
En dan beduie jy vir jou waar daai "knock" vandaan kom en hoe lank jy nog
So het ons nagte lank gewerk aan daardie 350 SE. Jy weet, DAARDIE V8 wat sonder 'n lang gesug 500 000 km loop sonder dat jy hoef te wonder. Oor daai betrokke V8 motor het ons mos al jare terug beduie en die vloeke en trane en goete. Nee, dit wassie mnr Benz se swak werk nie, dit was 'n geval van: Moenie sommer net 'n ou enjin koop en die Pietie se woorde glo nie.
So sit ons die aand, ghrieshanne en vuil klere en moedeloos toe Hennie beduie: "Maar maak maar so", en ek loop kyk en sien: Eish, hiers eish maar hier’s nie hardehout oor nie. Net 'n bottel Stroh.
Ek beduie vir Loopdop dat mens nogal borshare moet hê vir hierdie goete en toe beduie Loopdop: "Maar ons het mos hare" en toe knak hy die nekkie. Later, toe die winterkoue aan die beendere begin knaag (hy kom hierso mos so van onner af, vanuit die Brak, soos die ou mense altoos beduie het) verskuif ons die spul maar na binne toe waar die yskaste darem bietjie lafenis verskaf, en sit rustig en wonder oor die lewe en karre en vroumense (antie P was heel gewillig om te deel en Loopdop het hoeka 'n ogie op haar gehad) en goete waaroor mens mos maar oor wonner.
Voor die bottel half is kom ek agter hier is groot fout, want so met die opstaanslag is dit asof die knieë nie lekker wil saamwerk nie. Hulle weier om saam te werk. En Loopdop se oge hang laer as gewoonlik en antie P is vir hom buitengewoon beeldskoon vanaand. Wat verder gebeur het is 'n deurmekaarspul, maar ek onthou dat ons daar weg is om mekaar te ontmoet by Crazee doer in Hartenbos.
Crazee was mos hoeka die heuningpot waar selfs brommers rondgedraai het op soek na 'n bietjie soetigheid ... en so het 'n laatnag in 'n sonsopkoms verander. Sonder Loopdop. Hy en antie P het seker maar 'n entjie langs die Blou Dam loop stap ...
Kort voor oopmaaktyd (sewe uur), na 'n gesukkel om die drie rye middellyne reg te posisioneer stop ek op my ou plek en sien hier staan die Izuzu nog net soos hy vroegaand staangemaak is. Met Loopdop se kop teen die stuur.
Tot vandag toe sit Hennie nie sy mond aan Stroh nie. Iets met hoofpyne en vergeet van die vorige aand te doen.
oester


