Hier is vir jou ‘n nuwe weergawe van ‘n ou grappie (wat ek al hier geplaas het).
Fransie Willemse besoek die dokter en kla dat sy vuvuzelatjie van kleur te verander. Die dokter is uiteraard verbaas om van só ‘n gedoente te verneem en terwyl hy die koddige pasiënt aansê om sy verslete broek te laat sak en sy oorhang-boep met albei handjies op te lig, maak hy ‘n venster oop vir ‘n bietjie vars lug, gryp ‘n vergrootglas en staan dan nader vir ‘n “close-up” ondersoek van die vuvuzelatjie. “Hmmm … wragtig” brom hy uiteindelik “die vuvuzelatjie is oranje van kleur en ek moet sê, dis die eerste keer dat ek só iets teëkom. Is dit seer as jy kamerverlaat?”
“Nee, dokter” sug Willemse moedeloos “daar is geen waarneembare simptome buiten die oranje-geit nie, comprehende.”
“Nou ja, toe,” seg die dokter “dan moet ons kyk of dit nie dalk iets met jou lewenstyl te doen het nie. Watse werk doen jy?”
Willemse: “Niks op die oomblik, huh. Ek is al vir baie maande heeltemal werkloos.”
Dokter: “En wanneer het die vuvuzelatjie oranje begin word?”
Willemse: “Wel, kort ná ek die laaste keer gewerk het.”
Dokter: “Hmmm … en wat doen jy gedurende die dag?”
Willemse: “Ek is eintlik maar meeste van die tyd alleen by die huis.”
Dokter: “Okay, maar wat presies doen jy terwyl jy so alleen by die huis is?”
Willemse: “Ag, ek lees my eie SêNet-briewe en eet Niknaks …”
Oom Daan


