Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
LitNet2010-07-28
Dis baie gevaarlik om snags badkamer toe te loop hier by ons, want daar word mynbomme geplant - sommer in die deur of reg voor die toiletbak. Dis ons hondjie wat dit doen en dis 'n groot skok en helse gemors as jy daarin trap, want nou moet jy ...
LitNet2010-07-27
My tuin behoort nie aan my nie. Dit behoort aan Beleefd. Beleefd is lank en uitermate maer. Dis nie van hongerte nie maar van syse aard. Beleefd ken van tuinmaak, suip en boomrook. Vergeet om hom te bearbei oor enige van die drie dinge. Vergeet. ...
LitNet2010-07-26
Eens op 'n tyd, wetie meer hoe lank terug nie, een van die uitsoek kampplekke gewees hier in Oesterland. Eenkant kampplek vir die wittes en doer aan die annerkant die plek vir die nie-so-wittes. Selle water gebruik. Selle bakstene van Reebokstene ...
LitNet2010-07-23
Ons is op die oomblik in Agadir in Marokko. Agadir is ’n vakansiestad teen die Atlantiese Oseaan met baie toeriste, veral uit Europa, hierdie tyd van die jaar. Die weer is lekker en ons het besluit om ’n paar dae te bly om die voertuie ...
LitNet2010-07-23
Die stuk refleksie (Baie deeglik en kompleks soos net ‘n prof kan) oor die uniekheid van die menslike denke herinner effens aan ‘n afskoplesing aan eerstejaarstudente in die ‘Sielkunde’. (Wat ‘n naam!) Of dan soos ...
LitNet2010-07-23
as hierie vers in geheimtaal was, amper soos ‘n kode, ontsyferbaar, as Mens belang sou stel, om te leer, hoe Mens se mede-Mens, Naaste, met meketaar Gees-gedrewe, Gees-Driftig, Geesgenootlik, met meketaar opreg kan kommunikeer, aan mekaar, ...
LitNet2010-07-22
… sien ek hom sit … opgekrul in ‘n bondeltjie. Sy haartjies is uitgepof rondom sy siek lyfie en hy staar met angsbevange ogies na my. Ek stap nader en sien dat sy oortjies se rante omgekrul is en lyk soos verskrompelde ...
LitNet2010-07-21
Vanoggend kry ek die tyding: Appel is dood. En jy weet mos hoe dit is met doodstydings: "Nee! Moenie vir my sê nie! Dit kannie wees nie!" "Jip, hy het doodgebrand." "Ag, herre, hoekom op so 'n manier?" Al weet jy dat dit tog op een of ...
LitNet2010-07-20
Hoog tyd dat jy die papstorie vertel! Destyds by Gatwane moes ons ook self maar die meel maal en jou beskrywing van die witgeit het my regtig ver terug gevat. Destyds was daar mossie hierdie gesigsmaskers en goete nie , so 'n lap is dan maar ...
LitNet2010-07-16
Elke man of vrou het sy voorkeur. So hou sommige dames van borshare en ander, wel, nie. So hou sommige manne van groot en ander van minder groot. Sommige hou van meer as 'n handvol en ander hou van klein lemoentjies. My voorkeur bly steeds 'n ...
LitNet2010-07-16
Ek is geen engeltjie nie. Al lewe ek sewe keer oor en oor, sal ek steeds nie eers een veertjie het om as ‘n vlerkie te wys nie.
Vanmiddag ry daar ‘n well-used-aanmekaar-getimmerde-starter-pack voor my. Dit spoeg swart roet sover dit ...
LitNet2010-07-16
Aan die wat "guts" het!
25 Mei 2010: My vrou en ek gaan na PE vir besigheid. Omdat ek 'n bedorwe brokkie is, pak sy my gunsteling kospakkie. Sy gaan haar gunstelingkitskos langs die pad koop. Ongeveer 12h00, die besigheid is voltooi, en ...
LitNet2010-07-15
Ek was nog altyd heel lief vir honde, maar as jong meisie moes ek maar leer dat my ouers nie vreeslike diereliefhebbers was nie. Om ’n troeteldier aan te skaf, sou beslis tot huismoles gelei het. My moeder was ’n vreeslike netjiese ...
LitNet2010-07-14
Aan al die Basjans, Nefies, Wagters, Edellyniges en Straatbrakke …
"Hoe meer ek met mense te doene kry, hoe meer hou ek van my hond." (Onbekend?)
“A dog’s got ...
LitNet2010-07-13
soos Univers tans vertoon, uitsien, vir Mens lyk, as Mens als glo, wat Mens oral sien, ervaar en hoor, 's progressie vinnig, snel, progressief, aan't wegwyk, só of Mens stryd teen Self-destruksie opsetlik wil v'loor net sonner Satan is ...
LitNet2010-07-12
Hulle sê elke hond het sy baas en elke mens het sy baas. Of hond, as jy wil. Hierdie Foxie het net een baas gehad en daai baas lê hier bo op die koppie en rus. Mavenster. Nou kyk, as daar ooit so iets was soos 'n skaduwee wat mens ...
LitNet2010-07-09
Manny is ‘n verkoopsman.
Daar is baie soorte verkoopsmanne en verkoopsmeisies. En oor die jare het ek met ‘n ieder en ‘n elk van hulle se soortelikheid en neigings te doene gekry. Want weet dit, elke werkerspesie het sy eie ...
LitNet2010-07-09
Die mense beweer mens kry katte mense en honne mense. Die sielkunde daaragter is nou nie regtig iets wat my aangaan nie. Ek is gek oor katte en hul "nevermind"-houding. Eintlik 'n heel cool houding wat hulle het. Probleem is, as jy sekere soorte ...
LitNet2010-07-09
In die begin van die 1980's, toe ek en my vriend nog gevry het, ry ek met 'n wit Fiat 128. Mense wat die motors van daai jare onthou, sal weet ditwas 'n klein, platterige en boksvormige karretjie, nie juis sterk en vinnig nie. My vriend Ron ...
LitNet2010-07-08
Daar is natuurlik ook anner soort "liefdes" wat mens liefs wil vergeet. Die soort wat jou lank laat wonder en lank na die wonder laat wonder: Wat de hel het jou besiel? Haar naam was 'n pêrel. Sagblonde hare wat so windgat in die wind ...