Bokomo-brekfisbrief; 03/08/2010: Agterlosigheid

  • 0

Ons dorp se bo-dorp het ’n blaasorkes gehad. Die bênd het naweke gespeel dat die vallei daarvan weergalm.

Een van die lede van die geroemde bênd, Francois, het vir Pa gewerk as handlanger.

Soos dit nou maar die gebruik was het die bend in ‘n geveg betrokke geraak toe hulle by ‘n geselligheid moes optree en die main drummer word met ‘n bierbottel doodgeslaan.

Maandag, die dag van die outopsies, vra Francois af van die werk af vir die begrafnis op Dinsdag omdat die bênd sal moet optree by die begrafnis ter nagedagtenis aan hul main drummer. Dinsdag is die hele dorp bewus van die groot orkes se vrolike deelname aan die ter aarde bestelling van die main drummer.

Woensdag wil Pa weet hoe die verrigtinge afgeloop het?

“Wat het julle gespeel toe julle hom laat afsak in die gat in?”

“Nei Maaste ons spiel  en sing toe somme ; djyg ade djyg met blye galme lat djubels opstyg y-tie stof …”

“My magtag Francois, julle kan mos nie so ‘n vrolike lied speel by so ‘n tragies geleentheid nie!!!!”

“Dja Maaste ons spiel dit toe somme net baaaaie sêêd!!!!”

By die nadoodse ondersoek in die hof getuig die dokter toe omtrent soos volg:

“Edelagbare, tydens my ondersoek op die oorledene, ‘MD’ het ek gevind dat die uitsluitlike oorsaak van dood ‘n ingedrewe skedelfraktuur was wat uitgebreide breinskade en breinbloeding veroorsaak het wat nie verenigbaar met lewe is nie. Om die mate van geweld te kon bepaal het ek die skedeldikte gemeet en gevind at die oorledene se skedel slegs 5mm dik was in plaas van die normale 10mm. Daarom kan ek getuig dat die mate van geweld wat gebruik was was minder as normaal vir sodanige breinskade en kan ek dus getuig van MATIGE geweld …”

Regter aan die beskuldigde:

“Beskuldigde, u kan nou vir die dokter ondervra!”

Beskuldigde:

“Dokta, wat dink djy wat soek ‘n outjie met soe ‘n din skiedeltjie by soe hi lekke paatie? Dis mos agteloosiggeit!!?”

Huisarts

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top