Ek sien gereeld en moet soms self hoor oor die hel en dergelike goete.
Nou. Ek is nie 'n siener of profeet nie, so ek sal nie
Maar ek sien in hierdie langballe van my inderdaad hoe erg dit moet wees. Want sien, as jy sewe bulle bymekaar is
Maar jy kannie die drade laat sak en sewe bulle loslaat op 'n vyftigstuks verse nie. Die idee is eenvoudig "too ghastly to contemplate" is dit nie? Nou staan die spul en grond grawe. Ek sweer, mense sal sê ek lieg as ek beduie, maar hier is al 'n donga soos die belustige spul bulle die verse oorkant die pad (en twee drade) probeer beïndruk. "Beneuk" was al tot op sy knieë om grond om te dolwe. Vanoggend verseg Arthur om hek oop te sluit. "
"Herre, Apie, ons kannie heeldag voor die hek sit nie! Los vir Langbal, hy's net lus, man!"
"Fok jou, kom staan djy voor Langbal en wag vir die bakkie om deur te kom!" En toe moes ek hek oopmaak.
Ek sien toe dat Langbal oopbek na die verse toe staan. En hyg asof hy asma het. Wit skuim om sy bek. Jy weet, nie bulkend nie, meer hortend. Soos iemand wat te veel gerook het vir sestig jaar? Ek kyk toe verder en toe sien ek: Jip, mens (want bul, of bees is ook maar net mens al loop hy nie soos ons nie) bly maar mens, nè? Hierdie bul gaan nog vergaan as ons nie plan sien nie, want hy gaan ophou eet soos 'n reunhond wat drie tewe in die omtrek het wat op hitte is.
Ek moet tog bysê: Die donnerse verse bly stert in die lug naby die draad rondhang. Heel "onskuldig" asof hulle niks gewaar nie. Flap hul ore en staan stert afwaarts van die wind ... Ook maar net mens ... Bliksems! Ouma het altyd beduie dat 'n man daai deng op 'n myl ver
Is dit hel? Ek het 'n idee dit kom naby.
oester


