Hoog tyd dat jy die papstorie vertel!
Destyds by Gatwane moes ons ook self maar die meel maal en jou beskrywing van die witgeit het my regtig ver terug gevat. Destyds was daar mossie hierdie gesigsmaskers en goete nie , so 'n lap is dan maar omgebind. Klaartyd sit jy met 'n man wat oral wit was en net die deel onder die oë 'n donker skakering gehad het ...
Ek
Een van die belangrikste reëls was mos: As jy die sak nie reg gooi nie en die hamermeul vat hom: Los hom, moet hom nie probeer uitkry nie. Pietie het of nie opgelet nie of was dalk diep ingedagte, want soos die duiwel dit wou he was hy nie vinnig genoeg met die sak terugruk nie en toe klou hy vir lewe en dood.
Later daag hy by die winkel op Pitsane op met 'n stompie wat in baie bloederige lappe toegedraai is. Moeder was aan diens en gelukkig was sy nie bloedsku nie. Met die afdraai van die lappe sien sy dat die arm hier kort duskant die elmboog basies opgeflenter is.
Tuismedisyne sou nie help nie so dit sou jaag kos om die grens betyds oop te kry Mafikeng toe want die hospitaal in Lobatse was doerie jare nog, wel, nie regtig op standaard nie, so jy moes met erge noodgevalle deurjaag Republiek toe.
Ek
Dankie. Jy maak hierdie SêNet die moeite werd. En groete uit Oesterland.
oester


