as hierie vers in geheimtaal was,
amper soos ‘n kode, ontsyferbaar,
as Mens belang sou stel, om te leer,
hoe Mens se mede-Mens, Naaste,
met meketaar Gees-gedrewe,
Gees-Driftig, Geesgenootlik,
met meketaar opreg kan kommunikeer,
aan mekaar, mede-Pligtig, rapporteer,
kragte, Wetlik, Wetties, Wettig, Wetmatig,
so kranig, soos Mens kan, saamsmelt,
byeenvoeg, deurmekaar maak, konsolideer,
met behulp van ‘n Inter-Trans-Medium,
waarvan onderdrukkers, “Ordehouers”,
nie honderd persent van bewus, al ingelig is,
by behoefte aan rasionaal Gewete-kapitaal,
by gebrek aan Etos van Etiek, ai, sterwendsiek
uit hoofde van dom-onnosel onkunde-ontkenning,
by wyse van spreke, nie soos Spiritueel Voorbeskik,
nie weet hoe dobbelsteen hul Siel uit hul Wese uit ruk,
nie weet hoe duidelik hul nommer wys, nog nie tuis,
al is hul al so lank al so intiem Kontinentaal,
verswyg hul nogal graag ons Oorsprongsverhaal,
te diep verskans in loopgrawe van hul struktuur,
te gewelddadig gebreinspoel, geïndoktrineer,
te veel beïnvloed, geswaai, deur “openbare mening”,
asof die meerderheid enige sê te sê het oor hul eie,
saligheid, voorspoed, geluk, progressie, redding
asof Satan, nie geslepe, gewetenloos, listig, skemmel,
de leste, laaste Mens, as sy Duiwelspiekdissipel wil werf,
voordoods reeds van Skepper, Vader, wil laat afsterf,
vir Hom (nog) nie gereed, soos Mens mos meestal is
Jacobus Faasen


