Bokomo-brekfisbrief; 06/08/2010: Jag

  • 0

Ek gaan nou op ‘n paar macho-manne se tone trap. Hierdie is anyway net ‘n manne-ding en dit maak my siek. Die jag van diere. Liewe magtag, in watter blerrie Middeleeuse wêreld lewe hierdie barbare dan nog? Ek beskou “jagtrips” as die grootste grap en ‘n absolute onderskatting van vroue se intellek. Natuurlik gaan dit nie oor die stukkie vleis wat hy pot toe kan sleep nie – dit gaan oor die byvoordele. Die “mampoer se moer” en die gehuurde entertainment wat in die personal ads uitgesnuffel is. Die “tjoef-tjaf, broekies af-girls wat, vir ‘n ekstra sentjie, enige man se nursie-fantasieë of piets-my-boudjies goutjies, vir hom sal perform …

Raed-na-Gael se ontbytbriefie vanoggend het dit net weereens bevestig. Hierdie is nie een van die uitsonderings nie. Kom nou mevrou, jy’t werklikwaar nie gedink daai koedoeboud is deur jou man geskiet nie – hy dra dalk eerder ‘n paar ander grillerige bloedverwante parasiete in jou skoon huis in. 

Laat my dink aan die storie van ‘n welbekende in regskringe wat ook op so ‘n “jagtrippie” saam met vriende sou gaan. Natuurlik was dit net ‘n verskoning om saam met die girlfriend te gaan kattemaai, maar vroulief hoef DIT allermins te weet. Hy het met ‘n paar pelle gereël dat hulle sou saamspeel (want, lets face it, manne sal die wildste leuens verkondig sodat die broederbond nie geskaad word nie). Die pelle is toe, ongelukkig vir hom, in ‘n ongeluk betrokke op pad na hul eie “jag(se?)” ekspedisie en toe sy vrou daarvan te hore kom, is die snuf in haar neus van astronomiese aard – waar was HAAR man dan die hele naweek?? Ek onthou die ou het so ‘n lekker Malmesbury BGGei aan hom gehad, want toe sy hom vra hoe was sy jagtrip het hy eers in kleur en geur uitgebrei op die grote wat weggekom het en die manne se manewales …Sy vertel hom toe natuurlik dat die pelle in ‘n ongeluk was en algar in die hospitaal lê, gebreekte boute en blaaie en so aan …so, waar was JY? Die advokaat in hom moes toe maar oorneem, want sy antwoord was ‘n bondige “My stogie is my stogie ...”  Glo daai huwelik is ook nou net nog ‘n stogie …?

Karin

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top